Vloksie House Holiday Home

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vloksie House Holiday Home bied verblyf in Kleinkrantz, 'n voorstad van Wildernis. Dit is naby die N2 en 8 km vanaf Wildernis se middedorp waar daar verskeie winkels en restaurante is.

Dié huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers waarvan 1 'n solderkamer is, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die solderkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n bad, wasbak, 'n toilet en 'n wasmasjien. Die tweede badkamer het 'n stort.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitarea het n sitkamerstel, 'n platskerm-TV teen die muur en 'n kaggel.

Die leefarea lei na 'n lieflike houtdek met 'n piekniektafel en 'n draagbare braai. Die dek het 'n uitsig oor die welige plantegroei en die omliggende dorp. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Vloksie House Holiday Home sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vloksie House Holiday Home gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za