Voeltjieshang

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Voeltjieshang is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel in Struisbaai, net 'n klipgooi van die see af. Dit is die ideale verblyf vir 'n klein gesin van 4!

Dié woonstel is op die grondvloer geleë en is smaakvol ingerig en gemeubileer met afgewitte meubels. Die woonstel het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 1 badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 2 slaapbanke in die leefarea wat geskik is vir kinders.

Die oopplan-leefarea bestaan uit 'n kombuisie, eetarea en sitarea wat lei na die groot werf met 'n luisterryke uitsig oor die see. Besoekers braai gewoonlik 'n vleisie terwyl hul dié uitsig bewonder. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Struisbaai het 'n bekoorlike klein hawe waar ski- en vissersbote gedurende die vakansie kan vasmeer. Gaste kan by die hawe gaan stap en kyk hoe die tradisionele vissermanne hul vangs huis toe bring. 'n Mens kan sommer ook daar vars vis koop.

Troeteldiere is streng verbode.

Slaapplek

'n Bespreking by Voeltjieshang sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
2 x Kinderbank vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Voeltjieshang gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]