LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Voni's Cottage | LekkeSlaap
+26

Voni's Cottage

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Agonis-straat 13, Vredendal, 8160, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Voni's Cottage bied gerieflike verblyf in die klein dorpie Vredendal langs die Kaapse Weskus. Dit bestaan uit 2 ruim, losstaande eenhede, Voni's Cottage en Eenheid B.

Voni's Cottage het ’n privaat ingang en bied slaapplek aan 2 gaste. Geen kinders onder 12 jaar word toegelaat nie. Dit beskik oor 'n ruim slaapkamer met 'n goed toegeruste kombuis-area en 'n en suite-badkamer. Die kamer het 2 enkelbeddens met nuwe Cloud 9-matrasse, vars gehaltelinne en handdoeke.

Die kombuis-area is toegerus met 'n groot yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster en eetgerei. Koffie, tee, suiker, melk en vars tuisgemaakte beskuit word voorsien.
Daar is ook gratis WiFi, 'n nuwe platskerm-TV met volledige DStv, lugversorging, 'n plafonwaaier, haardroër en kaste met oorgenoeg pakruimte.

Eenheid B het 'n privaat ingang en bied slaapplek vir 2 gaste (geen kinders onder 12). Dit beskik oor 'n ruim oopplan-TV- kamer met 'n volledig toegeruste kombuis. Daar is gratis WiFi, DStv, lugversorging, 'n plafonwaaier, etenstafel met 2 stoele en gerieflike rusbanke. Die kombuis is toegerus met 'n groot yskas-vrieskas, induksie stoofplaat, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster, asook al die nodige eetgerei. Die slaapkamer bied 'n dubbelbed, 'n plafonwaaier, 'n hangkas en 'n ruim en suite-badkamer met 'n stort. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Voni's bied 'n al fresco-leefstyl met eetplek buite in die pragtige kruie- en vetplanttuin. Ander geriewe op die perseel sluit 'n braai-area, swembad en parkeerplek op die perseel in.

Dit is ook 'n klipgooi (500 m) vanaf Vredendal Parkrun wat elke Saterdagoggend aangebied word.

Ander besienswaardighede naby ons sluit die Kaapse Blomroete, Cape Rock Wines, Strandfontein se strand en Weskus Nasionale Park in. Kom besoek gerus Voni's Cottage waar gaste vriende word. Hier sal jy so tuis soos by jou eie huis voel.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Portugees

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 28 resensies vir Voni's Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Agonis-straat 13, Vredendal, 8160, Wes-Kaap
  • Gaste dink Voni's Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Agonis-straat 13, Vredendal, 8160, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3cQWFaXV7eyXY55cQ5izia2D4tAouaJKI8bgdjrizMa2El3OiN?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (vir 2 persone) 28 5 1 5 13 Agonis Street Vredendal 8160 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-21:00 09:00 -31.667604642368 18.49640339613
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!