Vue Devant

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vue Devant is 'n moderne woonstel op die seefront in Seepunt. Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en is ideaal vir paartjies, vakansie- en sakereisigers.

Dié ruim woonstel bied 'n uitsig oor Seepunt se Promenade en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 'n TV en 'n en suite-badkamer met 'n bad, instapstort en verhitte handdoekrelings. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens, 'n TV en die badkamer het verhitte handdoekrelings, 'n instapstort en 'n bad. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n mikrogolf, stoof, oond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 6 en die sitkamer het 'n TV met DStv ontspan. Die groot venster en die balkon bied 'n pragtige see-uitsig.

Die woonstel word van Maandag tot Vrydag skoongemaak en 'n skoonmaakdiens kan vir naweke en openbare vakansiedae gereël word. Die woonstel kan bereik word via 'n hysbak en die kompleks het 24 uur-sekuriteit. Gratis parkeerplek is beskikbaar.

Vue Devant is 3 km vanaf Groenpunt, 4 km vanaf die V&A Waterfront, 5 km vanaf Kampsbaai en 7 km vanaf Tafelberg.

Slaapplek

'n Bespreking by Vue Devant sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Toiletware

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vue Devant gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 455 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za