Vyf Vissies Flat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vyf Vissies Flat is 'n gerieflike woonstel met slaapplek vir 4 gaste en is net 'n blok weg van die strand in Arniston.

Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers wat elkeen 2 enkelbeddens het. Daar is 2 badkamers, 1 met 'n bad en 'n stort en die ander 1 met 'n stort. Linne word voorsien. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n etenstafel waar gaste maaltye kan geniet. Daar is ook 'n leefarea met 'n TV en DStv, asook 'n stoep met 'n ingeboude braai-area. WiFi is ook beskikbaar.

Die woonstel het 'n omheinde agterplaas en 'n alarmstelsel met gewapende reaksie. Ongelukkig word geen kinders onder 8 of troeteldiere toegelaat nie. Rook is ook verbode by Vyf Vissies Flat.

Arniston het verskeie doendinge en besienswaardighede soos bergfiets- en voetslaanroetes, visvang, walviskyk en duik tussen die skeepswrakke langs die kus. Gaste kan ook die spa by die Arniston Hotel, Waenhuiskrans Grot en verskeie restaurante in die area besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Vyf Vissies Flat sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vyf Vissies Flat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 817 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za