Waterfront at Arniston Harbour

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Waterfront at Arniston Harbour is 'n selfsorghuis teen die see met slaapplek vir 9 gaste.

Die huis bestaan uit 4 slaapkamers en 3 badkamers. 2 van dié kamers het dubbelbeddens en die ander 2 het 2 enkelbeddens. Beddegoed word voorsien. Gaste moet asb. handdoeke saambring. Daar is 'n ekstra enkelbed in die onderste dubbelbedkamer.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, 'n yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan maaltye aan die eetkamertafel geniet en heerlik in die sitkamer voor die TV ontspan. Gaste moet asseblief hulle eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Die huis het 'n binnebraai en word daagliks skoongemaak.

Daar is buitebraaigeriewe en die agterplaas is ommuur. Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word. Let asseblief daarop dat die huis via trappe bereik word en dit kan moontlik nie geskik wees vir bejaarde gaste of gaste met gestremdhede nie.

Arniston bied talle doendinge en besienswaardighede soos restaurante, lieflike strande, swem, fietsry, perdry, bergfietsry, voetslaan, visvang, walviskyk en duik tussen die skeepswrakke langs die kus. Gaste kan ook die spa by Arniston Hotel, die Waenhuiskransgrot en die verskeie restaurante in die omgewing besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Waterfront at Arniston Harbour sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Waterfront At Arniston Harbour gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 890 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za