Waterfront Whispers

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 25 % af

Kry 25% af. Geldig vanaf 10 Jul 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Waterfront Whispers is 'n selfsorgwoonstel in 'n kompleks in Knysna se middedorp, 3 minute se stap van die waterfront en restaurante af. Gaste kan self inklok, so dié wat laat arriveer is welkom.

Die woonstel is op die tweede verdieping geleë (daar is ongelukkig nie 'n hysbak nie). Dit bied slaapplek vir 4 gaste en het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is bo en het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke kamer het sy eie en suite-badkamer. Die boonste badkamer het 'n bad. Daar is 'n stort onder. Albei kamers het lugversorging.

Die sitkamer het 'n gaskaggel, 'n TV met DStv, Netflix en Showmax, en 'n Blu-ray-speler met verskeie DVD's. Daar gratis WiFi in die eenheid.

Die kombuis het graniettoonbanke, 'n gaskooktoestel en is volledig toegerus met breekware, eetgerei, potte en panne. Daar is ook 'n wasmasjien wat gaste kan gebruik.

Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig. Waterfront Whispers is naby verskeie winkels, restaurante en ander geriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by Waterfront Whispers sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Kamergeriewe

  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Waterfront Whispers gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 R900 per nag (vir 4 mense)

Kry 25% af. Geldig vanaf 10 Jul 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]