Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Watermill Farm Cottages

  • Kapasiteit: 19 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Boplaas, Vanwyksdorp, Klein-Karoo, 6690, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 9
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Watermill Farm Cottages bied verblyf in selfsorg-kothuise op 'n rustige plaas wat uitkyk op die Rooiberge en die bewarea. Dié plaas is 3 km vanaf die Klein-Karoodorpie, Vanwyksdorp langs die R62.

Watermill Farm het 4 volledig toegeruste kothuise. Elke kothuis het sy eie kombuis, leefarea, slaapkamer/s, badkamer, braai-area en uitsigte oor of die dam of die tuin. Die kothuise het misvloere en handgemaakte modderbaksteenmure wat gepleister en witgekalk is. Die kothuise is ook elkeen uniek versier met plaaslike, antieke meubels en daar is misvloere wat sorg dat 'n mens lekker warm en sag trap.

Watermill Farm Cottages is perfek geleë vir natuur-, plant- en voëlliefhebbers en die eiendom spog met diverse flora en fauna. Daar is ook lieflike roetes om te stap in en om die perseel sowel as 'n dam waarin gaste kan swem.

Al die kothuise is heeltemal onafhanklik van die plaaslike kragnetwerk en werk met sonkrag en vars bergwater. Vuurmaakhout kan op die perseel gekoop word sowel as vars produkte (afhangend van beskikbaarheid).

Ladismith is 47 km ver, Riversdale is net 74 km van die plaas af en Mosselbaai is 119 km van die plaas af. Die naaste lughawe is George Lughawe wat 159 km van Watermill Farm Cottages af is.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 36 resensies vir Watermill Farm Cottages
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Boplaas, Vanwyksdorp, Klein-Karoo, 6690, Wes-Kaap
  • Gaste dink Watermill Farm Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Boplaas, Vanwyksdorp, Klein-Karoo, 6690, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 9
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAASVZqHWkAjAe83D9uW5upqgIlhsLEgrKMFX08Mjt1FJVpmNQbtV?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 36 5 1 5 Boplaas Van Wyksdorp 6690 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -33.730555555556 21.478611111111