Welverdien strandhuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Welverdien Strandhuis is in Glenmore langs die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë. Dit is een van die rustigste areas teen die Suidkus en bied 'n lieflike, haai-beskermde strand vir branderplankry met 'n plekkie vir jou en jou familie lekker te kuier.

Die huis het slaapplek vir 8 volwassenes en 2 kinders onder 12. Daar is 4 slaapkamers en 3 badkamers, waarvan 2 en suite en 1 'n gastebadkamer is. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens en 2 stapelbeddens en die derde en vierde slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed.

Daar is 'n oopplan-leefarea met gemaklike banke en 'n uitsonderlike see-uitsig. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en het 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n ketel en 'n broodrooster. Daar is 'n waskamer met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Die kinders kan op die grasperk speel en die stoep op die boonste verdieping bied 'n tafel, genoeg sitplek en 'n pragtige see-uitsig. Dit is 'n dubbelverdiepinghuis met trappe en daar is 'n motorhuis. Die huis is omhein, en toegerus met 'n alarmstelsel wat aan 'n reaksie-eenheid gekoppel is, en het genoeg veilige parkeerplek.

Daar is vele doendinge en besienswaardighede in die area. Die strand is 500 m van die huis af en die kasino en winkelsentrum net 15 minute se ry ver. Gaste kan doendinge soos walvis- en dolfynkyk, voetslaan, visvang en snorkel geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Welverdien strandhuis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 volwassenes en 2 kinders
2 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Kinderbedjie

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Welverdien Strandhuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za