LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Whale Cove B107 | LekkeSlaap
+27

Whale Cove B107

9 resensies
Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 00:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Guthrie-straat 2, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 575 R1 103 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

Whale Cove B107 is 'n moderne, smaakvol gemeubileerde woonstel wat in die eksklusiewe Whale Cove-ontwikkeling in De Kelders geleë is.

Die ruim eenheid het slaapplek vir 4 mense en ons akkommodeer gaste vir minimum 1 nag. Dié woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en maak gebruik van 'n aparte badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Al die beddens is met Egiptiese katoenlinne oorgetrek.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n stoof en oond, ingeboude kaste, 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe en 'n wasmasjien. In die eetkamer is daar oorgenoeg sitplek vir gaste om aan te sit vir ete. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met 'n DStv Premium-pakket. Gaste het ook toegang tot 2 GB, gratis Wi-Fi gedurend hulle verblyf.

Die woonstel is op die eerste verdieping en beskik oor 'n ruim balkon met stoepmeubels en 'n gasbraai. Die sitkamer en hoofslaapkamer bied albei toegang tot die balkon. Gaste kan ook gedeeltelike see-uitsigte vanaf die sitkamer, hoofslaapkamer en balkon geniet.

Die woonstel het blindings en diefwering voor die vensters. Daar is 'n gratis, veilige onderdakparkeerplek beskikbaar vir 1 motor, sowel as oorgenoeg gratis parkeerplek vir besoekers.

Geen waterbeperkings. Die woonstel bied gehalteverblyf en is ideaal vir 'n gesin, sakereisigers of 'n groep vriende wat saam wil wegbreek. Dit is naby verskeie winkels, restaurante en wynroetes geleë en slegs 2 minute se stap vanaf die kranse met panoramiese uitsigte oor die see, Overberge en die Walkerbaai Natuurreservaat. Gedurende die walvisseisoen kan gaste ook dié reuse naby die kus sien baljaar. Meer avontuurlustige gaste kan ook withaai-hokduik beleef.

Slaapplek

’n Bespreking by Whale Cove B107 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 9 resensies vir Whale Cove B107
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Guthrie-straat 2, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Whale Cove B107 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 575
Vanaf R1 103
per nag (vir 4 persone)
was R1 575
Vanaf R1 103
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 00:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Guthrie-straat 2, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhlOGVjZGIxLTIyYzItNGNmMC05NDQ2LTFjMDVkYTFhMDhjZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 575, nou Vanaf R1 103  per nag (vir 4 persone) 9 5 1 5 Guthrie Street 2 De Kelders 7220 Wes-Kaap 086 999 0018 00:00-23:00 11:00 -34.555757486739 19.364761
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!