Robberg Akkommodasie by Whalerock Gardens Vakansiehuis | LekkeSlaap
+16

Whalerock Gardens Vakansiehuis

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Arumstraat 68, Whalerock Gardens Estate, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Whalerock Gardens Vakansiehuis is op 'n landgoed in Plettenbergbaai geleë en bied selfsorgverblyf aan 6 gaste.

Dié huis het slaapplek vir 6 volwassenes en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers met 'n bad en 'n stort wat gedeel word. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed en die tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat toegerus is met 'n yskas, stoof, oond en 'n mikrogolfoond. Die opwasarea het 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet of in die sitarea voor die TV met volle DStv ontspan. Onbeperkte WiFi is beskikbaar.

Die leefarea maak oop op 'n onderdakstoep met 'n eetarea en 'n ingeboude braai-area. Die stoep het ook seile wat op 'n reënerige of winderige dag afgerol kan word. Veilige parkeerplek is beskikbaar. 'n Gratis Skoonmaakdiens is op Maandae en Donderdae beskikbaar. Whalerock Gardens Estate bied ook 'n olimpiese grootte-swembad, en kinders kan veilig op die landgoed baljaar. Daar is 24 uur-sekuriteit en toegangsbeheer.

Plettenbergbaai bied verskeie doendinge soos stap-, voetslaan- en fietsryroetes, asook perdry en walviskyk. Besienswaardighede soos die Lawnwood Snake Sanctuary, Monkeyland, Noah's Park Wolf Sanctuary is ook in die omtrek, asook wynplase, Adventureland en nog vele meer.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Arumstraat 68, Whalerock Gardens Estate, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Arumstraat 68, Whalerock Gardens Estate, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY0NTVhM2FjLTE3OWYtNGFhZS1iN2E5LWYxOTNiNDA2NGZjNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 600  per nag (plek vir 6) 68 Arum Street Whalerock Gardens Estate 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 12:00-14:00 11:00 -34.087982195162 23.364413213631
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za