Piet Retief Akkommodasie by Wild Catz Cottage & Guest House | LekkeSlaap
+68

Wild Catz Cottage & Guest House

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Suidstraat 24, Piet Retief, 2380, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R680 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Wild Catz is net langs die N2 geleë, net soos jy Piet Retief (Mkhondo) binnery van KwaZulu-Natal se kant af.

Die African Wild Cat-kothuis het 'n privaat slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n groot en suite-stortkamer. Die leefarea is ingerig met stapelbeddens. Die kothuis is toegerus vir selfsorg vir 4 en het 'n groot dubbeldeur-yskas-vrieskas wat dit die ideale keuse maak vir gesinne of reisigers wat langer as 1 aand wil bly. Wild Catz Cottage & Guest House voorsien toiletware, linne, handdoeke, tee- en koffiemaakgeriewe, en filterwater. Die kothuis word daagliks skoongemaak, behalwe oor naweke, en daar is die gasvryheid-pakket beskikbaar op die TV. Buite is daar 'n privaat area waar jy heerlik kan sit en die natuur waardeer, rook of braai! Braaigeriewe en 'n groot tafel met 8 stoele is beskikbaar.

Die kothuis het sy eie ingang en onderdakparkeerplek reg langs die kothuis maak dit gerieflik, veilig en privaat.

Die Caracal-kamer is vas aan die hoofhuis en is warm en knus met 'n dubbelbed en 'n en suite-stortkamer. Wild Catz Cottage & Guest House voorsien linne, handdoeke, toiletware, koffie- en teemaakgeriewe, filterwater, borde, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n yskassie, mikrogolfoond, yskas, lessenaar, gasvryheidspakket op die TV, en 'n binnehof waar jy kan ontspan, rook, of net die pragtige omgewing waardeer.

Die Serval-kamer is effens groter en ook geheg aan die hoofhuis. Dit is versier in kalm groen en grys kleure, en het 'n dubbelbed en 'n en suite-stortkamer. Wild Catz Cottage & Guest House voorsien linne, handdoeke en toiletware, 'n yskassie, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en filterwater. Daar is 'n onderdakstoep wat uitkyk oor die swembad en tuin. Dit is ook die perfekte plekkie vir rokers, of om saans 'n romantiese braai te geniet.

Wild Catz Cottage is stil en rustig en bied veilige parkeerplek en sekuriteit. Die eienaars is meestal byderhand op die perseel. Aangewese braai-areas is ook beskikbaar in die bekoorlike tuin!

Let asseblief daarop dat alle eenheid die DStv-gasvryheidspakket en elektriese komberse het. Veilige parkeerplek is beskikbaar met laserstrale en outomatiese hekke.

Wild Catz Cottage & Guest House is tussen 2 hospitale en Mafula Mall wat dit die ideale oorslaapplek maak vir sakereisigers, toeriste of gesinne op pad na ander bestemmings. Die perseel is net 'n paar uur se ry vanaf verskeie natuurreservate naby Piet Retief, Sodwana en St Lucia-strand. Swaziland is ook net 'n halfuur se ry ver.

Die bekoorlike gastehuis is goed gevestig en jou gashere sal ekstra moeite doen om te verseker jou verblyf is genotvol en gemaklik.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 13 resensies vir Wild Catz Cottage & Guest House
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
3.9/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Suidstraat 24, Piet Retief, 2380, Mpumalanga
  • Gaste dink Wild Catz Cottage & Guest House het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R680
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R680
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Suidstraat 24, Piet Retief, 2380, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNjZjAyMjMzLTQ1N2EtNGQ5NC1hYTQ2LTA5NjJmYTQ0Yjk2Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R680  per nag (vir 2 persone) 13 5 1 5 24 South Street Piet Retief 2380 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -27.015587350763 30.811886787415
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za