Wild Forest Inn
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: The Bonnet, R532, Graskop, 1270, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 040 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Wild Forest Inn is aan die rant van 'n natuurlike woud geleë, aan die voet van die berg en die Bonnet-pas wat uitkyk oor die dorpie Graskop en die asemrowende oostelike platorand van Mpumalanga. Die bekoorlike, weggesteekte enkel-chalet is toegerus vir selfsorg en bied knus verblyf vir 2 tot 4 mense.
Die chalet het 'n oopplan-uitleg met 'n kamer en kombuisie en 'n grasdak-en-teëldak wat 'n ongekunstelde atmosfeer aan dit bied. Daar is slaapplek vir 2 mense op 'n dubbelbed en nog 2 op enkelmatrasse wat op die klein soldervloer/dakkamer bo die hoofkamer geplaas kan word. Dit is toeganklik via 'n leertjie en baie pret vir kinders.
Die badkamer beskik oor 'n bad, wasbak en toilet. Die kombuisie is toegerus met basiese kookgeriewe, eetgerei, breekware, 'n yskassie, 'n tweeplaatstoof en 'n mikrogolfoond. Die eenheid het 'n TV met Openview HD. 'n Draagbare rooster is ook beskikbaar indien jy graag buite wil braai.
Van die stoepie of die grasperk af het jy 'n pragtige uitsig oor die platorand van Mpumalanga tot by God's Window.
Ons voorsien linne, kussings, komberse en handdoeke. Gaste is oor die algemeen verantwoordelik vir die skoonmaak en netjies hou van die chalet gedurende hul verblyf, maar 'n daaglikse skoonmaakdiens kan gereël word.
Wild Forest Inn is minder as 4 ure se ry van Johannesburg af en net 5 km van Graskop af. Dit is ook 10 km van Pelgrimsrus af en net 24 km van Sabie af. Ons is 'n gemaklike reis-afstand vanaf Mbombela (Nelspruit), die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe, die Krugerwildtuin, Mosambiek en Swaziland as jy daarvandaan sou kom kom.
Slaapplek
’n Bespreking by Wild Forest Inn sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Ligging
- The Bonnet, R532, Graskop, 1270, Mpumalanga
- Gaste dink Wild Forest Inn het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Graskop Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: The Bonnet, R532, Graskop, 1270, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom