Wingate Family Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wingate Family Apartment is 'n gerieflike ateljeewoonstel met slaapplek vir 5 gaste (2 volwassenes en 3 kinders) in die stil woonbuurt Wingate Park in Pretoria. Die woonstel het 'n privaat ingang en parkeerplek agter 'n veiligheidshek.

Dié oopplan-eenheid het 'n ekstra lang dubbelbed, 'n stapelbed vir 3 gaste met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo, en 'n privaat badkamer met 'n stort en 'n toilet.

Die eenheid is met 'n yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus, en gaste kan in die sitarea ontspan. Daar is 'n kafee met wegneemetes binne stapafstand vanaf die eenheid.

Wingate Family Apartment is 1,3 km vanaf 'n winkelsentrum, 2 km vanaf verskeie skole soos Laerskool Elarduspark en Constantiapark, Hoërskool Waterkloof, Pretoria Chinese Skool en Carpe Diem, 2,1 km vanaf Wingate Park Buiteklub, 5,5 km vanaf Parkview-winkelsentrum en Pretoria-Oos Hospitaal, 5 minute vanaf Kloof Hospitaal, 5 minute vanaf die N1 en 10 minute vanaf die R21 wat na die O.R. Tambo Internasionale Lughawe lei.

Slaapplek

'n Bespreking by Wingate Family Apartment sluit in:

1 x Dubbelbed
1 x Tripelstapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Kantoorgeriewe

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wingate Family Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R630 per nag (vir 5 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za