Woodpecker Bed and Breakfast

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Woodpecker Guest House is in die skilderagtige dorpie Middelburg. By ons sal jy absoluut tuis voel en bederf word met heerlike ontbyt en aandete. Die kamers is netjies, skoon en pragtig versier.

Ons 7 kamers is smaakvol ingerig en elkeen is toegerus met 'n badkamer met stort, DStv, koffie- en teemaakgeriewe, sjerrie en beskuit.

Hier by Woodpecker is ons trots op ons ouwêreldse gasvryheid en ons billike tariewe. Ons voorsien veilige parkeerplek en aandete op versoek.

Middelburg is halfpad tussen Nelspruit en die Maputo-deurgang, so dit is ideaal geleë vir reisigers wat op pad is na Mpumalanga se laeveld. Die gastehuis is ook gerieflik naby aan Middelburg Mall en die N4 geleë vir reisigers wat op soek is na 'n moderne inkopie-ervaring. Ons is ook naby aan die vernaamste industrieë, myne en kragstasies in die omgewing - ideaal vir sakereisigers. Ons ligging in 'n kalm, pragtige woonbuurt val natuurlik in almal se smaak.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Woodpecker Bed And Breakfast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R760 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za