LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Yellow Aloe Gastehuis | LekkeSlaap
+32

Yellow Aloe Gastehuis

37 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Parkstraat 1, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 0
  • Vanaf R1 400 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Die Yellow Aloe (Geel aalwyn) gastehuis lê in die hartjie van die historiese dorp Clanwilliam en kyk uit oor die pragtige Sederberge. Dit gee natuurliefhebbers die geleentheid om die mooi Sederbergflora, geskiedkundige rotskuns en stap- en fietsroetes te verken. Binne gemaklike afstand is die Clanwilliam dam waar alle soorte watersport en baarshengel beoefen kan word.

Begin die dag met 'n ontbyt in die tuin en ervaar die vroegoggend geklets van die groot verskeidenheid voëls wat die tuin met ons deel. Geniet 'n piekniek en verken, of ontspan langs ons swembad met 'n goeie boek.

Ons nooi jou uit om te ontspan en die algehele vrede en stilte van ons mooi tuin te geniet, wat ook 'n kleinskaal-kwekery, ligte maaltye in ons koffiekroeg en die Plantskuur bied - 'n regte plaas-ervaring wag op jou!

Ons tuin het baie verskillende aspekte wat jy kan geniet. Ons is bevoorreg om nog 'n funksionele leivoor-sisteem in die tuin te hê wat lieflik deur die tuin vloei. Die bekoorlike geluid van water wat vloei is uiters ontspannend.

Ons 8 ruim kamers is smaakvol ingerig, het lugversorging en bied gratis WiFi regdeur. Elke gastekamer het sy eie TV met 'n DStv hotel-pakket vir jou genot. Yellow Aloe bied 'n kongreslokaal vir 20 afgevaardigdes, en is ook 'n volmaakte plek vir 'n intieme bruilof en kleiner funksies. Ons personeel is toegewyd aan jou genot en sal volle ontspanning verseker.

Ligte aandetes is beskikbaar op versoek. Stel ons gerus in kennis as jy wil hê ons moet vir julle 'n bespreking maak by een van Clanwilliam se restaurante wat binne maklike stapafstand is.

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 37 resensies vir Yellow Aloe Gastehuis
Netheid
4.3/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
3.9/5

Ligging

  • Parkstraat 1, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Gaste dink Yellow Aloe Gastehuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 400
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Parkstraat 1, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 0
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNhNzE1NWIwLTkxY2ItNGE3Yy1iNjNkLWViYjhiMTFhYWE5MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (vir 2 persone) 37 5 1 5 1 Park Street Clanwilliam 8135 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.180803 18.894272
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!