Yzer Escape
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Carter-straat 3 J, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R7 700 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Yzer Escape is 'n dubbelverdieping-vakansiehuis wat 100 m van Yzerfonteinstrand af is. Die eenheid het 'n sonkragstelsel wat die impak van beurtkrag verminder. Die Darling-gholfklub is 26 km van die vakansiehuis af, terwyl Tienie Versveld-reservaat 30 km weg is. Daar is ook 'n nasionale park, 'n natuurreservaat, die !Khwa ttu San kulturele sentrum in die omgewing.
Dié vakansiehuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 4 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n koninggrootte-bed en die derde en vierde slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed. Die koninggrootte-beddens kan omskep word in 4 enkelbeddens. Daar is drie badkamers met 'n stort en die vierde badkamer het 'n bad en stort.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër en yskas-vrieskaste. Daar is ook 'n ontbythoekie met stoeltjies.
Die eerste leefarea op die boonste verdieping het 'n etenstafel met sitplek vir 8, 'n sytafel, 2 leer rusbanke, 2 gemakstoele, 'n Ottoman en 'n kaggel (stofie). Die konsertina skuifdeure lei uit die leefarea na 'n groot balkon met buitemeubels en braaigeriewe. Die tweede leefarea het 'n sitkamerstel, pooltafel, veerpyltjiebord en 'n sokkertafel. Daar is ook 'n platskerm-TV met DStv. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Gaste kan in die kuierarea wat 'n etenstafel met stoele en braaigeriewe het, ontspan. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Die onderste verdieping van die vakansiehuis wat die motorhuis insluit, word nie verhuur nie. Die kantoor word daagliks as prokureurskantoor gebruik. Die bestuurder woon in die aparte privaat eenheid wat agter die motorhuis is sonder om enigsens inbreuk te maak op die privaatheid van die gaste in die vakansiehuis.
Slaapplek
’n Bespreking by Yzer Escape sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Marius Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Jaar gelys 1
Ligging
- Carter-straat 3 J, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Gaste dink Yzer Escape het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Yzerfontein Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Carter-straat 3 J, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom