61 Lutiekatzweg

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

61 Lutiekatz is 'n ongekunstelde grasdak-kothuis en gesinsvakansiehuis met ongelooflike uitsigte oor Dasseneiland wat ons graag met gaste wil deel.

Die 3 ruim slaapkamers is oor 2 verdiepings versprei (2 bo en 1 onder) en het genoeg slaapplek vir 6 mense op 2 dubbel- en 4 enkelbeddens. Beddegoed (duvets en verekussings) van goeie gehalte is ingesluit in die prys. Die huis het 2 badkamers waarvan 1 en suite met 'n bad en is en die tweede een 'n stort het.

Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en wasmasjien. Daar is 'n beskutte braaikamer asook braaigeriewe buite en die sit-/eetkamer het 'n koolstofie vir gesellige wintersaande om die kaggel. Daar is 'n 40"-TV met volledige DStv en 'n DVD-speler.

Die huis is 50 m vanaf die see, 400 m vanaf Yzerfontein se South Beach en 1,8 km vanaf die 16 Myl-strand. Die visvang-hawe is 800 m ver, al langs die staproete en 1,7 km ver as jy met ’n voertuig ry.

Let asb. op dat daar 'n paar trappe van die straat na die huis is. Die meeste gaste waardeer die pragtige uitsig, maar dit is nie geskik vir gaste wat sukkel om te loop of trappe te klim nie.

Slaapplek

'n Bespreking by 61 Lutiekatzweg sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 volwassenes en 2 kinders
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbedjie
1 x Kinderbank vir 1

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 61 Lutiekatzweg gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za