Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Zeezicht Oceanfront

Spesiale Aanbod 25% af

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 14 Apr 2024 tot 31 Aug 2024.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marais-straat 31, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 R825 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Zeezicht Oceanfront is in die bekoorlike kusdorpie Franskraal, Gansbaai in die Kaap se Overbergstreek. Hierdie selfsorg eenhede is op die eienaar se perseel geleë en bied lieflike see-uitsigte en privaat ingange.

Verblyf word in 2 selfsorg-eenhede aangebied met slaapplek vir 6 in totaal. Die ruim, luukse eenheid met 'n see-uitsig is op die grondverdieping geleë en die ander ruim eenheid is aan die kant van die huis en het net 'n uitsig oor die see van die grasperk af. Die eienaars woon op die boonste verdieping.

Die Zeezicht Gastesuite het lieflike see-uitsig. Dit is ruim, luuks en is op die onderste verdieping met slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea met n binnebraai. Die hoofslaapkamer het ook 'n lieflike see-uitsig, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Daar is 'n stort in die tweede badkamer. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware, asook 'n wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en daar is 'n binnebraai. Die sitarea het 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV teen die muur met vol DStv en 'n DVD-speler. Gratis WiFi word voorsien. Die eetarea bied toegang tot 'n stoep met 'n buite-eetstel. Gaste kan 'n uitsig oor die groot tuin en 'n see-uitsig van die stoep af geniet.

Die Zeezicht Ruim Vakansieeenheid het nie 'n see-uitsig nie. Die see kan slegs vanaf die grasperk voor gesien word. Die ateljee-eenheid is aan die kant an die eiendom geleë, dit is baie ruim, gerieflik en het 'n koningingrootte-ekstra lengte bed met slaapplek vir 2 gaste. Die woonstel het 'n rusbank, 'n platskerm-TV met DStv, etenstafel en stoele. Die aparte badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die aparte kombuisie het 'n mikrogolfoond, gasstoof/oond, wasmasjien, yskas-vrieskas, kookgerei, eetgerei en breekware. Daar is 'n lapa met 'n braai aan die agterkant vir die gaste van die ateljee se gebruik.

Besienswaardighede en doendinge in die omtrek sluit Dyer-eiland Natuurreservaat, die Grootbos Natuurreservaat, wynplase, Franskraalstrand, haaihokduik, swem, 4x4-roetes, walviskyk, voetslaan en hengel in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 64 resensies vir Zeezicht Oceanfront
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Marianne Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 91

Jaar gelys 4

Ligging

  • Marais-straat 31, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Zeezicht Oceanfront het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
R1 100 R825
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 100
R1 100 R825
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marais-straat 31, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa935bb5ec620537bb049d70dafda1340563c927618e91bc57be1153d61a61ff7ddc3c98ec76b5752072d0a754f6cdda904ed?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 100 nouVanaf R825 per nag (plek vir 2) 64 5 1 5 31 Marais Street Franskraal 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.611981 19.370566
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem