Zwartkop Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Zwartkop Guest Farm bied akkommodasie op 'n werkende plaas net buite Ceres, naby die Karoo. By ons kan jy rus en vrede kom geniet en asemrowende sonsopkomste en sonsondergange van jou kothuis af bewonder.

Dié kothuis bied slaapplek vir tot 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis, 'n leefarea en 'n groot braaikamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die badkamer het 'n bad en 'n toilet.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n gas-geiser, 'n yskas, 'n tweeplaatstoof en al die nodige breekware en eetgerei, so jy moet net jou eie kos bring. Die groot braaikamer het 'n eetkamertafel en stoele, rusbanke en ingeboude braaigeriewe. Jy kan ook op die patio buite braai as jy wil.

Jy kan rustig op die plaas se wandelpaadjies gaan stap en die veld en natuurgeluide om jou bewonder, of jy kan jou bergfiets bring en op die plaas gaan rondry. Die Tankwa Plaasstal en Kroeg is net 30 km van die plaas af.

Slaapplek

'n Bespreking by Zwartkop Guest Farm sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Zwartkop Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 5 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za