Kategorie: Roetereis

7 Stopplekke op die N7
Pak jy dié vakansie die N7 aan? Dan het ons die ideale gids vir jou ─ Kardoesie Country Stop en West Coast Way SA het ’n nuttige lysie van stopplekke op dié langpadroete saamgestel sodat jy jou eie selfry-toer kan beplan! Die platteland vanaf Piketberg tot Garies het soveel eiesoortige en versteekte afsaalplekke en besienswaardighede […]
13 Desember 2016

10 Lekke langpadwenke
Jou verblyf is bespreek. Jou sakke is gepak … Die enigste ding wat nou nog tussen jou en jou vakansie staan … is die langpad. Om te sorg dat die trek na jou bestemming nie die oorhand kry nie, het ons hier by LekkeSlaap ’n paar wenke saamgestel wat sal sorg dat dié deel van jou vakansie […]
8 November 2016

Die mooi in die niks van Namakwaland
Almal weet hoe mooi die veldblomme Namakwaland gedurende die lente optooi, maar wat word van dié spesiale plek as die skel somerson die kleurvolle blaartjies laat swig? Die veldblomme is ’n groot trekpleister wanneer hulle kop uitsteek in September, maar die res van die jaar vergeet die meeste van ons dat Namakwaland bestaan. Wel, die […]
19 Oktober 2016

6 Redes om die mooie Malotiroete te besoek
Die beeldskone Malotiroete loop al langs die Malotiberge teen Lesotho af en sluit dele van die Oos-Vrystaatse Hooglande en Lesotho in. As majestueuse bergreekse, bekoorlike dorpies, erfenisgebiede, die natuurskoon en interessante mense in jóú kraal val, kyk dan verder na al die pragtige prentjies wat jy op dié roete kan verwag! Prentjiemooi foto’s Dié roete […]
11 Oktober 2016

Langpadreis: 10 Lekke stopplekke tussen Kaapstad en PE!
As die langpad ʼn bietjie té lank raak, is daar mos niks lekkerder as ʼn vinnige avontuur of ʼn opkikkertjie om jou weer nuwe moed vir die res van jou reis te gee nie! Wie sê ʼn langpadrit op die N2 hoef lank en vervelig te wees? Ons het ʼn lekker lysie van ons gunsteling-stopplekke […]
4 Oktober 2016

Vat die Weskuspad … #WestCoastWay
Ons almal het die ideale prentjie van die Weskus in ons gedagtes ─ witgekalkte vissershuisies en eindelose strande met meeue wat oor jou kop swiep op soek na iets te ete. Maar as jy die nuwe West Coast Way volg, sal jy ’n hele ander kant van die Weskus te sien kry. Daar is só […]
10 Junie 2016

’n Reis na gister
“Die dag is verby, Nog ’n week nog ’n maand; O, waar loop die tyd met ons heen? Onthou jy hoe ver moes ons skool toe stap? En sou jy my fliek toe vra; Dan moes ons jou tjor aan die brand kry, ek en jy. Ja, dit was die goeie ou dae …” sing […]
12 Mei 2016

Verken die Weskus só: 2 nuwe West Coast Way-roetes
Vir die meeste mense is die Weskus sinoniem met vissershuisies, Paternoster se strand, kreef, branders wat op die rotse breek en skouspelagtige sonsondergange oor die Atlantiese Oseaan. Tog het ons onlangs uitgevind dat ’n paar van die Weskus se skatte ’n bietjie verder van die kus af lê … Ons het saam met West Coast […]
22 April 2016








