Kategorie: Roetereis

Die Overberg se Eiesoortige Wynroetes
Suid-Afrika spog nie net met asemrowende landskappe en natuurskoon nie, maar ook met talle wêreldklas-wynroetes. Te danke aan die Wes-Kaap se Mediterreense klimaat is dit die land se gewildste wynstreek met ’n legio wynplase om elke hoek en draai. Buiten wynproe bied talle wynplase ook ’n blik op die streek se geskiedenis, heerlike kos, plaasdiere […]
21 Junie 2017

Alles behalwe vaal in dié driehoek
Raak jy mismoedig as jy hoor jy moet die Vaaldriehoek besoek? Wel, wees gerus, want LekkeSlaap het gaan kyk hoe om vaal in vrolik te verander! Die Vaaldriehoek is nog altyd bekend as die driehoek wat grotendeels deur Vanderbijlpark, Vereeniging en Sasolburg gevorm word. Destyds was dit ’n belangrike stedelike en industriële middelpunt, maar vandag is die Vaalrivier […]
7 Junie 2017

Verken die Rooibosroete: Vanrhynsdorp tot Citrusdal via Wupperthal
Die Rooibosroete is ’n unieke toevoeging tot die bekende N7 wat mense al dekades lank ry op soek na Namakwaland se daisies, kosmos en die soetste sitrusvrugte in Suid-Afrika. Die roete is ’n verering van die Aspalathus linearis-plant, of sommer net Rooibos soos ons dit ken. Dié plant word verwerk tot daardie bekende oranjerooi tee […]
26 Mei 2017

Suid-Afrika: ’n Voëlparadys van Noord tot Suid
Suid-Afrika word beskou as een van die wêreld se topvoëlkykbestemmings met sowat 850 opgetekende voëlspesies. Die meeste spesies, soos die bosluisvoël en lelkraanvoël, woon in Suid-Afrika of besoek ons land jaarliks. Slegs ’n kwart van die spesies, soos die teeleendjie en die jakkalsvoël, word net hier op eie bodem gevind. LekkeSlaap wys jou waar die […]
12 Mei 2017

Reis met Troeteldiere: Voordele en Raad
Soos gesien op Maroela Media. Moes jy dié Paasvakansie weereens koebaai waai vir Wagter wat jou met verlangende oë agter die hondeherberg se tralies dophou soos jy op die horison verdwyn? As troeteldier-eienaar is dié besluit wanneer jy ’n vakansie beplan waarskynlik keer op keer ’n taamlike tameletjie. Die gesin gaan met vakansie, maar hoe […]
24 April 2017

Stories en Seesand: Slenterstap langs die Weskus
Los al jou pretensies by die huis ─ bring net jou stapskoene en ’n ontvanklike hart, want ons gaan aan die Weskus slenterstap! Die gesogte Shoreline of the San-roete is ’n slackpacking-avontuur tussen die nederige vissersdorpies, Elandsbaai en Strandfontein. Dit is een van die béste maniere om hierdie spesiale kusstrook, sy onopgesmukte hartsmense, lipleklekker tradisionele […]
19 April 2017

Vermy só die Paasnaweek-verkeer
Die eerste kwartaal het gevaarlik lank geraak en almal is die laaste maand sleepvoet en langgesig werk toe, maar nou is Paasnaweek uiteindelik in sig. Die tasse is so te sê gepak, al die boksies op jou onthoulysie is afgetiek en jy wil nie hê daar moet nou enigiets tussen jou en jou welverdiende wegbreek […]
12 April 2017

Dapper en Stapper deur die Tsitsikamma
Die Tsitsikamma-staproete tussen Nature’s Valley en Stormsrivier hoort op elke kranige rugsakstapper se emmerskoplys. Dis ’n strawwe roete vir tawwe tienies dié, met uitsonderlike uitsigte en asemrowende natuurtonele as beloning. Só pak jy dié 62,5 km lange staproete oor ses dae aan: Dag 1: Nature’s Valley tot Kalanderhut (3,6 km | sowat 2 uur) Vroegoggend […]
22 Maart 2017








