Kategorie: Wes-Kaap

Breek weg na ons Land se Top-Sneeubestemmings
Soos gesien op Maroela Media. Dis ysig koud van kus tot kus en oral tussenin, maar as mens in die sneeu kan baljaar maak jou ysige vingerpunte darem sin! Laat LekkeSlaap.co.za jou dan vergewis van waar ons land se top-sneeubestemmings is, hoe om op hoogte van die sneeu te bly en wat om in te […]
19 Julie 2017

Besoek Suid-Afrika se 10 Bekendste Grotte
Is jy ’n avonturier wat hou van klim en klouter? Dan is ’n wegbreek na ons mooie land se bekendste grotte perfek vir jou. As jy hulle een vir een op jou emmerskoplysie wil afmerk, val dié artikel so reg in jou kraal. Hier is alles wat jy van Suid-Afrika se 10 bekendste grotte behoort […]
7 Julie 2017

18 Strandhuise vir Groot Groepe
Daar is mos niks lekkerder as ’n vakansie met ’n vleisie op die kole, die see in die agtergrond en ’n gelag en gesels naby jou nie! Suid-Afrikaners is mal oor vakansies by die see saam met vriende en familie en daarom het LekkeSlaap 18 groot strandhuise al langs die kus met genoeg plek vir groot […]
5 Julie 2017

Fantastiese Fynproewersrestaurante Vir Smulpape
Is jy ’n fynproewer van formaat? Of net iemand wat lief is vir smullekker kos in stylvolle restaurante? LekkeSlaap wys jou dié week ’n rits restaurante regoor die land waar jy kan aansit vir ’n smaak-ervaring wat jy nie sommer sal vergeet nie en waar jy óók in styl kan oornag! Dié restaurant is in […]
22 Junie 2017

Die Overberg se Eiesoortige Wynroetes
Suid-Afrika spog nie net met asemrowende landskappe en natuurskoon nie, maar ook met talle wêreldklas-wynroetes. Te danke aan die Wes-Kaap se Mediterreense klimaat is dit die land se gewildste wynstreek met ’n legio wynplase om elke hoek en draai. Buiten wynproe bied talle wynplase ook ’n blik op die streek se geskiedenis, heerlike kos, plaasdiere […]
21 Junie 2017

Rolstoelvriendelike Wegbreke
Vergeet jou sorge by die huis, want ons wil jou ’n paar rolstoelvriendelike blyplekkies wys! Dit is ongelukkig ’n realiteit dat die reis- en gasvryheidsbedryf selde voorsiening maak vir mense wat rolstoelvriendelike verblyf benodig. Ons besef dat die frustrasie van ontoeganklike verblyf dalk jou vakansielus mag blus, maar daar is darem net te […]
15 Junie 2017

Verken die Rooibosroete: Vanrhynsdorp tot Citrusdal via Wupperthal
Die Rooibosroete is ’n unieke toevoeging tot die bekende N7 wat mense al dekades lank ry op soek na Namakwaland se daisies, kosmos en die soetste sitrusvrugte in Suid-Afrika. Die roete is ’n verering van die Aspalathus linearis-plant, of sommer net Rooibos soos ons dit ken. Dié plant word verwerk tot daardie bekende oranjerooi tee […]
26 Mei 2017

Lekke naweek-doendinge in ons pragtige provinsies
Niemand kan kla dat daar ’n tekort aan doendinge in Suid-Afrika is nie! Ons beeldskone land spog met 9 wonderlike provinsies met ’n hele rits doendinge en besienswaardighede vir elke gier. Toeriste kom van regoor die wêreld om self te kom kyk wat dié unieke land van ons bied. Speel ’n slag toeris in jou […]
19 Mei 2017








