Suid-Afrika spog nie net met asemrowende landskappe en natuurskoon nie, maar ook met talle wêreldklas-wynroetes. Te danke aan die Wes-Kaap se Mediterreense klimaat is dit die land se gewildste wynstreek met ’n legio wynplase om elke hoek en draai. Buiten wynproe bied talle wynplase ook ’n blik op die streek se geskiedenis, heerlike kos, plaasdiere en doendinge vir die hele gesin.

Die minder bekende Overberg-wynroetes is net oos van Kaapstad en spog met asemrowende wynplase wat bekroonde wyn oplewer. Die Overberg bied die ideale omstandighede vir wynbou met die berge en see aan weerskante en die gevolg is dat die terroir-beginsel in die streek geld. Dit beteken dat die gehalte van die wyn afhanklik van die grond en klimaat van die spesifieke area is. LekkeSlaap het gaan ondersoek instel oor dié streek se unieke wynroetes en blyplekke langs die pad, sodat jy nie hoef te stres oor die langpad huis toe na jou wynproesessie nie!

Majestueuse berge en luisterryke fynbosheuwels vorm die agtergrond vir die Hemel-en-Aarde-vallei se wynroete in Hermanus. Dié vallei is ’n móét vir wynliefhebbers met talle wynplase in ’n pragtige vallei wat die naam gestand doen! Die vallei se beskutte ligging, die kleigrond en seebries van die Atlantiese Oseaan maak dit ideaal vir wynbou en dit is veral bekend vir kultivars soos Pinot Noir en Chardonnay. Daar is 15 wynplase op dié skilderagtige wynroete in Hermanus en dit beloof om jou asem weg te slaan.

Waar: Boonste Hemel-en-Aarde-vallei, Hermanus

Wyn: Sauvignon Blanc, Maritimus Estate White Blend, Chardonnay, Merlot, Wayfarer MCC, Pinot Noir, Syrah, Epitome Estate Red Blend en Pinotage

Wynproe: Daagliks van 11:00 – 17:00

Eetplek: The Dining Room

☎ 028 312 1097 | Webtuiste 

Waar: R320, Hemel-en-Aarde-vallei, Hermanus

Wyn: Claudia Brut MCC, Rose of Sharon Brut Rose MCC, Josephine Pinot Noir, Syrah Mourvedre, Chardonnay, Sauvignon Blanc en Petit Rose

Wynproe: Maandae tot Sondae van 11:00 – 16:00 in die winter en Maandae tot Saterdae van 11:00 – 17:00 en Sondae van 11:00 – 16:00 in die somer

Eetplek: Geen

☎ 028 313 2126 | Webtuiste

Waar: R320, Hemel-en-Aarde-vallei, Hermanus

Wyn: Shiraz, Chardonnay, Riesling, Pinot Noir en Sauvignon Blanc

Wynproe: Daagliks van 10:00 – 17:00

Eetplek: La Vierge Restaurant

☎ 028 313 0130 | Webtuiste

Waar: Hemel-en-Aarde-vallei, Hermanus

Wyn: Pinot Noir, Merlot, Cabernet Sauvignon, Cabernet Franc, Phantom, Sauvignon Blanc en Merlot Rosé

Wynproe: Dinsdae tot Saterdae van 10:00 – 16:30 en Sondae en openbare vakansiedae van 10:00 – 16:00

Eetplek: Restaurant @ Spookfontein

☎ 072 199 8774 | Webtuiste

Hier is ons top-keuses vir verblyf op die roete:

Bijoux Self-Catering ApartmentHigh Seasons Farm

Elgin is 350 m bo seespieël geleë en dit maak dit die wynstreek met die koelste klimaat in Suid-Afrika. Die druiwe neem dus langer om ryp te word en hoë reënval en vrugbare grond dra ook by tot die terroir van die streek. Grabouw is veral bekend vir sy appelplase en daarom het die wyn van dié streek heelwat ondertone van vrugte en besoekers sal bekroonde Sauvignon Blanc, Pinot Noir en Shiraz op dié roete teëkom.

Waar: De Rust Landgoed, Grabouw

Wyn: Sauvignon Blanc, Riesling, Chardonnay, Gewurtztraminer, Pinot Noir, Noble Late Harvest

Wynproe: Daagliks van 09:00 – 16:00 (Toe op Sondae van Junie tot Augustus)

Eetplek: Fresh Restaurant

☎ 021 844 0605 | Webtuiste

Waar: Viljoenshooppad, Grabouw

Wyn: Chardonnay, Syrah, Merlot, Sauvignon Blanc, Dry Rosé en Vineyard Selection

Wynproe: Dinsdae tot Saterdae van 10:00 – 16:00 in die winter en Dinsdae tot Sondae van 10:00 – 16:00 in die somer

Eetplek: Geen

☎ 021 848 9844 | Webtuiste

Waar: The Valley-pad 113, Elgin

Wyn: Cabernet Sauvignon, Sauvignon Blanc, Dry Rosé, Blanc de Blanc MCC, Kevin King Bazza Pinot Noir, Kevin King BBK Malbec, Kevin King Micah Red Blend, Kevin King Bassey White Blend

Wynproe: Daagliks van 09:00 – 17:00

Eetplek: The Gallery Restaurant

☎ 021 844 0888 | Webtuiste

Hier is ons top-keuses vir verblyf op die roete:

Tangleberry Cottage | Uilhuijs

Botrivier se golwende heuwels verwelkom jou soos jy oor die Houwhoekpas kom. Dié roete se 14 pragwynplase is binne ’n 10 km-radius geleë. Dit bied besoekers die geleentheid om die egte plattelandse gasvryheid van die streek te beleef en om wyn van die oudste wingerd in die streek te proe. Die streek lewer topgehaltewyn met wynboere wat gebruik maak van moderne metodes om vernuwende variëteitswyn te produseer. Wynplase in die streek wissel van die jongste plase tot tradisionele familieplase en spog met van die beste Chenin Blanc, Shiraz en Pinotage in die Kaap.

Waar: Swartrivierweg, Botrivier

Wyn: Rosebud, Sauvignon Blanc, Syrah, The Blend, Five Arches, Shiraz, Cabernet Franc, Elodie, Magdalena, Syrah on Sandstone, Syrah on Shale en Madame Lucy’s MCC

Wynproe: Maandae tot Vrydae van 09:00 – 17:00 en Saterdae van 11:00 – 15:00

Eetplek: Gabriëlskloof Restaurant

☎ 028 284 9865 | Webtuiste

Waar: Van der Stel-pas, Botrivier

Wyn: Shiraz en Chenin Blanc

Wynproe: Weeksdae van 10:00 – 16:00

Eetplek: Geen

☎ 028 284 9308 | Webtuiste

Hier is ons top-keuses vir verblyf op die roete:

Barton Luxury Villas | Palm Cottage

Die Stanford-wynroete se uiteenlopende terroir maak dit die ideale plek om uitstekende wyn te produseer. Die wingerde is op terreine wat wissel van sandduine en berghange tot vrugbare grond. Dié roete bied ’n heerlike ervaring vir wynliefhebbers en bied iets vir elke tipe wyndrinker wat droë rosé, MCC en goeie rooiwyn insluit. Die wynplase streef konstant daarna om op hoogte te bly met die nuutste giere en goeie wyn en daarom beloof dié asemrowende plattelandse roete om een van jou gunstelinge te wees.

Waar: R43, Stanford

Wyn: Chenin Blanc, Sauvignon Blanc, Rosé, Pinot Noir en Shiraz Viognier

Wynproe: Donderdae tot Maandae van 08:00 – 16:30

Eetplek: The Royal Oke

☎ 082 304 4849 | Webtuiste

Waar: R326, Stanford

Wyn: Sauvignon Blanc, Rosé, Raka Spliced, Raka Sangiovese, Pinotage, Raka Quinary, Raka Figurehead, Shiraz, Merlot, Malbec, Mourvèdre, Cabernet Franc, Cabernet Sauvignon, Petit Verdot en Raka Five Maidens

Wynproe: Maandae tot Vrydae van 09:00 – 17:00 en Saterdae en openbare vakansiedae van 10:00 – 14:30

Eetplek: Geen

☎ 028 341 0676 | Webtuiste

Hier is ons top-keuses vir verblyf op die roete:

Stanford Country Cottages – Acacia Cottage | AfriCamps at Stanford Hills

Elim is ’n klein dorpie in die Agulhas-streek en sy wynroete bestaan uit 6 wynplase. Die unieke terroir van die area veroorsaak uitdagende omstandighede vir wynbou, maar die geharde wynboere van dié area het dit al goed baasgeraak. Besoekers gaan beslis nie teleurgesteld wees in die gehaltewyn van dié geweste nie. Wind van die Atlantiese Oseaan skep koel omstandighede regdeur die jaar en laat die unieke druiwe toe om stadig ryp te word en intense geure te ontwikkel. Die verskillende grondsoorte het ook ’n kenmerkende invloed op die unieke smaak van wyn soos Sauvignon Blanc en Shiraz uit die streek.

Waar: Elimpad, Gansbaai

Wyn: Sauvignon Blanc, Syrah, SSV, SMV en Merlot

Wynproe: Dinsdae tot Saterdae van 10:00 – 16:00

Eetplek: Geen

☎ 082 908 0099 | Webtuiste

Waar: R317, Elim

Wyn: Sauvignon Blanc, Shiraz Rosé, Pinot Noir, Shiraz, Suikerbekkie Noble Late Harvest, Adamastor, Syrah en The Navigator

Wynproe: Maandae tot Donderdae van 08:00 – 17:00, Vrydae van 08:00 – 16:00 en Saterdae van 10:00 – 15:00

Eetplek: Geen

☎ 028 482 1902 | Webtuiste

Hier is ons top-keuses vir verblyf op die roete:

Pearly Beach Cottage | The Drift Farm

Daar het jy dit nou! Die Overberg se eiesoortige wynroetes is beslis die besoek werd – bespreek sommer vandag nog plek om dié streek en sy spogwynplase te verken.

Hooffoto: AfriCamps at Stanford Hills (LekkeSlaap)