Daar is mos niks lekkerder as ’n vakansie met ’n vleisie op die kole, die see in die agtergrond en ’n gelag en gesels naby jou nie! Suid-Afrikaners is mal oor vakansies by die see saam met vriende en familie en daarom het LekkeSlaap 18 groot strandhuise al langs die kus met genoeg plek vir groot groepe uitgesoek. Dié blyplekke is groot genoeg vir 8 tot 12 gaste en het al die geriewe wat julle sal nodig hê vir ’n behoorlike kuiervakansie. Kliek gerus op die foto’s hieronder vir meer inligting oor elke strandhuis en bespreek sommer nou!

Waar: Jacobsbaai, Weskus
Slaapplek: 10
Geriewe: Kaggel, braaigeriewe, ondervloerse verhitting en onderdakstoep
Doendinge in die omgewing: Strande, restaurante en visvang

Waar: Langebaan, Weskus
Slaapplek: 8
Geriewe: Braaigeriewe, houtstoep en ’n tuin met ’n plonspoel en klimraam
Doendinge in die omgewing: Strandmeer, restaurante, vlieërbranderplankry en visvang

Waar: Vishoek, Wes-Kaap
Slaapplek: 10
Geriewe: Terras, swembad, kaggel en braai-area
Doendinge in die omgewing: Voetslaanroetes, strande, restaurante en branderplankry

Waar: Noordhoek, Wes-Kaap
Slaapplek: 12
Geriewe: Braaikamer, dek, swembad en skoonmaakdiens
Doendinge in die omgewing: Perdry, swem, branderplankry, wynproe, bergfietsry en voetslaanroetes

Waar: Kommetjie, Wes-Kaap
Slaapplek: 12
Geriewe: Kaggel, swembad, dek, tuin en braaigeriewe
Doendinge in die omgewing: Kreefduik, visvang, branderplankry, fietsry, swem en voetslaanroetes

Waar: Kommetjie, Wes-Kaap
Slaapplek: 10
Geriewe: Dek, swembad en kaggel
Doendinge in die omgewing: Slangkop-vuurtoring, strande, branderplankry, restaurante en voetslaanroetes

Waar: Hermanus, Wes-Kaap
Slaapplek: 11
Geriewe: Kroeg, braaigeriewe, stoep, swembad met veiligheidsnet, ondervloerse verhitting en pooltafel
Doendinge in die omgewing: Wynproe, fietsry, swem en restaurante

Waar: Sandbaai, Wes-Kaap
Slaapplek: 8
Geriewe: Binnebraai, onderdakbalkon en swembad
Doendinge in die omgewing: Strande, branderplankry, wynproe en voetslaanroetes

Waar: Witsand, Wes-Kaap
Slaapplek: 10
Geriewe: Plonspoel, braaigeriewe, biblioteek, dek, waskamer en hek na die strand
Doendinge in die omgewing: Strand, walviskyk, kunsvlieghengel en wandelpaaie

Waar: Klein-Brakrivier, Wes-Kaap
Slaapplek: 10
Geriewe: Kaggel en braai-area
Doendinge in die omgewing: Swem, visvang, roei en branderplankry

Waar: Thesen Islands, Wes-Kaap
Slaapplek: 8
Geriewe: Swembad, kaggel, dek, braai, privaat strand, jetty met 3 kano’s en skoonmaakdienste
Doendinge in die omgewing: Swem, bootritte en restaurante

Waar: Victoriabaai, Wes-Kaap
Slaapplek: 11
Geriewe: Onderdakstoep en braai-area
Doendinge in die omgewing: Gholf, natuurreservate, strande en branderplankry

Waar: Robberg, Wes-Kaap
Slaapplek: 12
Geriewe: Braaigeriewe, ondervloerse verhitting, kroeg, kaggel, stoep, privaat paadjie na strand en waskamer
Doendinge in die omgewing: Swem, natuurreservaat, voetslaanroetes, bergfietsroetes en walviskyk

Waar: St. Francisbaai, Oos-Kaap
Slaapplek: 10
Geriewe: Sondek, braaigeriewe, verhitte swembad en vasmeerplek
Doendinge in die omgewing: Branderplankry, bootritte en versteekte strand

Waar: St. Francisbaai, Oos-Kaap
Slaapplek: 10
Geriewe: Gimnasium, kaggel, speletjieskamer, houtdek, braaigeriewe, tennisbaan, swembad, trampolien en krieketnet
Doendinge in die omgewing: Branderplankry en bootritte

Waar: Jeffreysbaai, Oos-Kaap
Slaapplek: 8
Geriewe: Braaigeriewe en kaggel
Doendinge in die omgewing: Branderplankry, strande en restaurante

Waar: Morgansbaai, Oos-Kaap
Slaapplek: 10
Geriewe: Dek, vermaakarea en braaigeriewe
Doendinge in die omgewing: Strandmeer, strande, markies en visvang

Waar: Zimbali, KwaZulu-Natal
Slaapplek: 12
Geriewe: Gholfkarretjie, dek, swembad, vermaakarea en hotelgeriewe
Doendinge in die omgewing: Restaurante, spa, tennis, muurbal, sokker en strand

Daar het jy dit! Dit hoef nie moeilik te wees om saam met ’n groot groep weg te breek nie. Begin solank beplan aan jou volgende wegbreek saam met vriende of familie.

Hooffoto: Oceans Echo (LekkeSlaap)