Vergeet jou sorge by die huis, want ons wil jou ’n paar rolstoelvriendelike blyplekkies wys!

 

Dit is ongelukkig ’n realiteit dat die reis- en gasvryheidsbedryf selde voorsiening maak vir mense wat rolstoelvriendelike verblyf benodig. Ons besef dat die frustrasie van ontoeganklike verblyf dalk jou vakansielus mag blus, maar daar is darem net te veel om te ervaar in ons mooie land om permanent met Jan Tuisbly se karretjie te ry! Hierom het LekkeSlaap ’n paar pragtige, rolstoelvriendelike plekkies regoor die land gaan uitkies. So, rol gerus af, en glo ons vry, hier’s puik idees vir toeganklike lekkerbly!

Hoe ons die plekkies gekies het

 

Om te verseker dat die gekose instansies ’n sekere standaard van toeganklikheid bied, het ons gekyk dat elke plekkie aan minstens twee van die volgende vereistes voldoen.

* Ruim kamers met genoeg plek om te beweeg, veral rondom die bed
* ’n Ruim badkamer vir ’n rolstoel om te kan omdraai
* Die teenwoordigheid van ’n instapstort, ’n bad met handvatsels, of vashouplek in die stort
* Redelike gelyke vloeroppervlak, min of geen trappies
* Hysbakke en/of opritte om die frustrasie van trappe uit te skakel

Volg dié stappe om ’n rolstoelvriendelike plekkie op LekkeSlaap te kry

 

Niemand ken jou behoeftes beter as jy nie, daarom stel ons voor dat jy sélf vooraf al die volgende stappe neem om te verseker dat jou verblyf so toeganklik as moontlik is:

1. Kliek die rolstoelfilter onder die “Filter Volgens Fasiliteit”-hofie op ons webtuiste sodat slegs dié instansies wat hulself as rolstoelvriendelik ag, vertoon word.
2. Gaan noukeurig deur die foto’s en kyk of dit so ver as moontlik aan jou behoeftes voldoen.
3. Maak ook ’n lysie van dié dinge wat jou kwel en waaroor jy wil uitvind.
Lees die beskrywing. Sommige rolstoelvriendelike instansies spesifiseer in die beskrywing hóé hulle instansie aangepas is vir mense met gestremdhede.
4. Kyk onder “kamers” of daar nie ’n spesifieke kamer is wat besonders toeganklik ingerig is nie.
5. Stel jou vrae in die “Nog Iets?”-blokkie wanneer jy ’n verpligtingvrye kwotasie aanvra.

 

Skryf ’n resensie en help ander mense wat rolstoelvriendelike verblyf soek

 

Toekomstige gaste, LekkeSlaap en ons instansies maak staat op die resensies van vorige gaste om die beste moontlike ervaring te waarborg. Daarom wil ons vra dat wanneer jy ’n resensie skryf, jy die rolstoelvriendelikheid daarvan, al dan nie, sal noem en sal spesifiseer waar die instansie hul toeganklikheid kan verbeter. Niemand sal tog beter weet waar ’n instansie sy toeganklikheid kan verbeter as rolstoelgebonde persone wat eerstehandse ervaring van die plekkie het nie.

WES-KAAP

The Robertson Small Hotel

Waar: In Robertson, langs die bekende Roete 62 >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Boetiekhotel

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak binne
* Ruim kamers wat oopmaak op die swembad (jy hoef nie eens jou kamer te verlaat om met jou tone in die water te sit nie!)
* Ruim badkamers met instapstorte in sekere eenhede

Ekstras:
* Swembad
* Lugversorging, ondervloerse verhitting en verhitte handdoekrelings
* Restaurant op die perseel, maaltye moet vooraf bespreek word, plaaslike wyne beskikbaar, piekniekmandjies op versoek
* Ekstra lang beddens
* Tee- en koffiemaakgeriewe, ’n yskassie en persoonlike kluis in elke kamer
* TV’s met DVD-spelers in sommige kamers
* Gratis WiFi
* Spa-behandelinge
* Portierdiens
* Wasgoeddiens
* Veilige parkeerplek

LovanE Boutique Wine Estate & Guest House

Waar: Kaapse Wynlande net buite Stellenbosch >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Gastehuis

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak binne
* Opritte om trappe te vermy
* Ruim kamers
* Ruim badkamers en instapstorte in sekere eenhede
* Rolstoelvriendelike kamer met ’n rolstoelhelling en ’n ruim badkamer met rolstoeltoegang tot die stort

Ekstras:
* Swembad
* Lugversorging
* Restaurant met ’n kaggel op die perseel, maaltye op versoek beskikbaar
* Balkon, dek of veranda by elke kamer
* TV met 12 kanale
* ADSL-internet
* Persoonlike kluis
* Tee- en koffiemaakgeriewe
* Kroegyskassie
* Wynproe op die plaas
* Lughawe pendeldiens op versoek
* Veilige parkeerplek

Brinksfontein Guest House

Waar: In die Karoo, 70 km van Laingsburg en 60 km van Sutherland af >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Selfsorghuis (slaapplek vir 8 gaste)

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak binne
* Ruim kamers
* Ruim badkamer

Ekstras:
* Boma-braaiplek
* Kaggel, warmwaterbottels en ekstra komberse
* Ekstra matrasse vir kinders en ’n bababed op versoek beskikbaar
* Selfsorggeriewe wat met gas werk
* Tydskrif- en boekversameling
* Bordspeletjies en ketties
* Veilige parkeerplek
* Troeteldiervriendelik indien gereël

Let wel: Geen selfsoonopvangs of elektrisiteit

Brinksfontein Guest House

Schulphoek Seefront Gastehuis *****

Schulphoek Seefront Gastehuis

Waar: Die Schulpbaai-bewarea in Hermanus in die Overbergstreek >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Gastehuis

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak binne
* Ruim kamers
* Ruim badkamers met instapstorte, sommige met vashouplek

Ekstras:
* Swembad en Jacuzzi
* Driegang-maaltyd ter waarde van R295 p.p. ingesluit by die eerste nag se tarief
* Kroeg en restaurant op die perseel, piekniekmandjies en maaltye op versoek beskikbaar
* Spa-behandelinge
* Persoonlike kluis
* DStv
* Gratis WiFi
* Kamerbediening
* Daaglikse Skoonmaakdiens
* Wasgoeddiens
* Kinderoppasser op versoek
* Lughawe-pendeldiens op versoek
* Veilige onderdakparkeerplek op die perseel agter ’n elektriese hek

 

Schulphoek Seefront Gastehuis

Tangleberry Cottage

Tangleberry Cottage

Waar: Elgin-vallei naby Grabouw >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Selfsorgkothuis (slaapplek vir 4 gaste)

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak binne
* Ruim kamers
* Ruim badkamer met ’n instapstort

Ekstras:
* Braaiplek, pizza-oond met die nodige gereedskap
* Kruietuin en groentetuin wat gaste mag gebruik
* Kaggel, verhitte handdoekreling, paneelverwarmer, waaier, elektriese kombers en verekombers
* Selfsorgfasiliteite met die ekstra gerief van ’n ysmasjien, koffiemasjien, wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser
* Veranda
* Platskerm-TV, DStv beskikbaar teen ekstra koste, DVD-speler, iPod-koppelstasie, CD-speler en radio
* Gratis WiFi
* Veilige parkeerplek

Aha Rex Hotel
Aha Rex Hotel

Waar: In die hartjie van die Tuinroete in Knysna se middedorp >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Hotel

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak
* Hysbak om trappe te vermy
* Ruim badkamer met ’n instapstort in sekere kamers

Ekstras:
* Lugversorging
* Restaurant op perseel
* Haarsalon op perseel
* 24 uur-ontvangs
* Persoonlike Kluis
* DStv
* Balkon
* Gratis WiFi
* Daaglikse skoonmaakdiens
* Wasgoeddiens
* Kinderoppasser op versoek
* Lughawe-pendeldiens op versoek
* Veilige onderdakparkeerplek en 24 uur-sekuriteit

Aha Rex Hotel

Metropolis Apartment in De Waterkant

Metropolis Apartment in De Waterkant

Waar: Kaapse middestad, De Waterkant >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Selfsorgwoonstel (slaapplek vir 6 gaste)

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak
* Hysbak om trappe te vermy
* Ruim kamers
* Ruim badkamer met instapstort

Ekstras:
* Swembad
* 24 uur-ontvangs
* Gimnasium
* Selfsorggeriewe beskikbaar
* DStv
* Persoonlike kluis
* Gratis WiFi
* Daaglikse skoonmaakdiens
* Wasgoeddiens
* Lughawe-pendeldiens op versoek
* Veilige parkeerplek agter ’n elektriese hek en 24 uur-sekuriteit

Metropolis Apartment in De Waterkant

Weskus: Soli deo Gloria Unit 1 & 2

Soli deo Gloria Unit 1

2014 Lilizela Toerisme-toekenning vir die beste rolstoel-toeganklike verblyf in Suid-Afrika!

Waar: Teen Paternoster se hoofstrand aan die Weskus >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Selfsorgeenhede (2 – 4 gaste elk)

Toeganklikheid:
* Rolstoelvriendelike plankpaadjie tot by die strand
* Gelyke vloeroppervlak
* Ruim kamer
* Ruim badkamer met ’n bad met vashouplek en ’n stortsitplek, asook vashouplek by die toilet

Ekstras:
* Plankpaadjie tot by die strand
* Lugversorging, binnebraai/kaggel
* Selfsorggeriewe insluitend ’n skottelgoedwasser en gemeenskaplike wasgoedgeriewe
* Platskerm-TV met DStv-gasvryheidspakket en KykNet
* Kluis
* Haardroër
* Gratis WiFi
* Veilige parkeerplek

Soli deo Gloria Unit 1

OOS-KAAP

Quarry Lake Inn ****

Quarry Lake Inn

Waar: Selborne in Oos-Londen, op ’n ou steengroef, aan die beginpunt van die Wildekus >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Gastehuis

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak
* Opritte om trappe te vermy
* Ruim slaapkamers
* Ruim badkamer met handvatsels en ’n spesiale stoel vir die bad
* Een heeltemal rolstoelvriendelike en suite-kamer wat aan alle standaardvereistes vir die beweeglikheid van gestremde gaste voldoen

Ekstras:
* Swembad
* Lugversorging
* Kroegarea op die perseel, etes op versoek
* Private ingange na eenhede
* DStv
* Yskassie met voorraad
* Tee- en koffiemaakgeriewe
* Gratis WiFi
* Veilige Parkeerplek

Quarry Lake Inn

Crown River Safari

Crown River Safari

Waar: 20 km buite Grahamstad op die oewer van die Kariegarivier >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Lodge

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak binne
* Ruim slaapkamers
* Instapstort

Ekstras:
* Braaiplek
* Waaiers, verwarmers
* Kroeg op die perseel
* Selfsorggeriewe beskikbaar
* Haardroër
* Tee- en koffiemaakgeriewe
* Radio en TV op versoek beskikbaar
* Daaglikse skoonmaakdiens
* Wasgoeddiens
* Lughawe-pendeldiens op versoek
* Begeleide wildritte as ekstra
* Kunsvlieghengel en baarshengel op die perseel
* Veilige onderdakparkeerplek

Let wel: Daar is ’n grondpad na die lodge. Oorweeg ’n motor met ’n hoë grondvryhoogte.

Crown River Safari

KWAZULU-NATAL

Kwa Jabu Accommodation

Kwa Jabu Accommodation

Waar: Natalse Middellande >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Selfsorgeenhede (2 – 8 gaste per eenheid)

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak
* Ruim slaapkamers
* Ruim badkamers, sekere baddens met ’n klein, verhewe sitoppervlakte en ’n handstort, ander baddens het vashouplek

Ekstras:
* Verhitte swembad
* Braaiplek
* Restaurant op die perseel
* Selfsorggeriewe beskikbaar
* Linne, handdoeke en toiletware word voorsien
* DStv
* Gratis WiFi
* Daaglikse skoonmaakdiens
* Kinderoppasser op versoek
* Klassieke gholfbaan op die perseel
* Forelhengelgeleenthede
* Veilige parkeerplek op die perseel en 24 uur-sekuriteit

Kwa Jabu Accommodation

Umlilo Lodge

Umlilo Lodge

Waar: St Lucia, Noordkus >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Lodge

Toeganklikheid:
* Opritte om trappe te vermy
* Ruim slaapkamers waarvan 4 as rolstoelvriendelik ingerig is met vashouplek by die stort en/of die bad

Ekstras:
* Swembad met houtdek
* Boma-braaiplek
* Lugversorging
* Restaurant op die perseel, asook ’n kroeg-sitarea
* TV’s met 10 DStv-kanale
* Yskassies
* Persoonlike kluis
* Gratis toiletware
* Gratis WiFi
* Daaglikse skoonmaakdiens
* Wasgoeddiens
* Kunsvlieghengel op die perseel
* Begeleide Wildritte as ekstra
* 24 uur-sekuriteit

Umlilo Lodge

Amanzi Beach House

Amanzi Beach House

Waar: Reg op Umzumbe se strand, Suidkus >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Selfsorghuis (slaapplek vir 10 gaste)

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak binne en ’n hysbak om die tweede verdieping te bereik
* Ruim slaapkamers
* Ruim badkamers met ’n instapstort en ’n bad met vashouplek

Ekstras:
* 180°-uitsigte oor die Indiese Oseaan uit elke kamer
* Direkte toegang tot die Blouvlagstrand (oorkant die spoorlyn)
* 24 uur-ontvangs
* Plonspoel en dek
* Braaiplek
* Selfsorggeriewe
* Volledige DStv
* Gratis WiFi
* Daaglikse skoonmaakdiens
* Wasgoeddiens
* Veilige parkeerplek vir 3 motors
* Troeteldiervriendelik

Amanzi Beach House

Gwahumbe Game & Spa

Gwahumbe Game & Spa

Waar: Mid-Illovo tussen Durban en Pietermaritzburg >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Lodge

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak binne
* Opritte om trappe te vermy
* Ruim slaapkamers
* Ruim badkamers waarvan sommige rolstoelvriendelik is met ’n groot stort en ’n sitplek

Ekstras:
* Swembad
* Braaiplek
* Restaurant en kroeg op die perseel, piekniekmiddagete en ander etes op versoek, wynproe
* Kamerbediening
* Persoonlike kluis
* DStv
* Daaglikse skoonmaakdiens
* Wasgoeddiens
* Kinderoppasser op versoek
* Eksklusiewe spa-behandelinge
* Wildwandelinge en wildritte as ekstra
* Kunsvlieghengel en baarshengel op die perseel
* Veilige parkeerplek

Gwahumbe Game & Spa

Bushman’s Nek

Bushman's Nek

Waar: Underberg, Drakensberge >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Hotel

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak binne
* Opritte om trappe te vermy
* Vashouplek by die bad

Ekstras:
* Swembad en Jacuzzi
* Braaiplek
* Restaurant met à la carte-spyskaart en kroeg op die perseel, piekniekmandjies op versoek
* Selfsorggeriewe in sekere eenhede
* Kamerbediening
* TV met sekere DStv-kanale
* Tee- en koffiemaakgeriewe
* Gratis WiFi
* 24 uur-Ontvangs
* Daaglikse skoonmaakdiens
* Wasgoeddiens
* Kinderoppasser op versoek
* Spa-behandelings
* Speletjieskamer
* Perdry op die perseel
* Veilige parkeerplek en 24 uur-sekuriteit

Bushman's Nek

MPUMALANGA

UmSiSi Cottage

UmSisi Cottage

Waar:  Naby Witrivier in Mpumalanga, naby die Panorama-roete en die Krugerwildtuin se Numbi-hek >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Selfsorgkothuis (plek vir 4)

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak binne
* Ruim badkamer met ’n dubbelstort

Ekstras:
* Braaiplek
* Onderdakstoep met pragtige uitsigte
* Selfsorggeriewe
* Piekniekmandjies en gevriesde etes op versoek
* TV met plaaslike kanale
* Gratis WiFi
* Portierdiens
* Daaglikse skoonmaakdiens
* Kinderoppasser op versoek
* Lughawe-pendeldiens op versoek
* Veilige parkeerplek op die perseel

UmSisi Cottage

NOORDWES

Makojalo-Op-Stal
Makojalo-Op-Stal

Waar: Naby die Vredefort-koepel, sowat 7 km vanaf Potchefstroom >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Gastehuis

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak binne
* Ruim kamers
* Ruim badkamers, sommige met dubbel-instapstorte

Ekstras:
* Swembad
* Braaiplek
* Lugversorging
* Kroeg op perseel, piekniekmandjies op versoek, ontbyt en aandete op versoek
* Gratis WiFi
* DStv
* Haardroër
* Tee- en koffiemaakgeriewe
* Begeleide wildritte as ekstra
* Daaglikse skoonmaakdiens
* Veilige parkeerplek agter ’n elektriese hek

Makojalo-Op-Stal

Kedar Heritage Lodge, Conference Centre & Spa

Kedar Heritage Lodge, Conference Centre & Spa

Waar: 21 km van Sun City af in Rustenburg se omgewing >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Lodge

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak binne
* Opritte om trappe te vermy
* Ruim kamers
* Ruim badkamers, sommige met instapstorte

Ekstras:
* Swembad
* 3 Tema-restaurante en ’n kroeg op die perseel, wynkelder
* Spa-behandelinge
* Persoonlike kluis
* DStv
* Gratis WiFi
* 24 uur-ontvangs
* Portier en nagportier
* Daaglikse skoonmaakgeriewe
* Wasgoeddiens
* Privaat wildritte en wildkyk op die perseel beskikbaar as ekstra
* Veilige parkeerplek en 24 uur-sekuriteit

Kedar Heritage Lodge, Conference Centre & Spa

Shangri-La Country Hotel & Spa

Shangri-La Country Hotel & Spa

Waar: In die ongerepte bosveld in die Waterbergstreek, 14 km vanaf Modimolle >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Hotel

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak binne
* Ruim kamers
* Ruim badkamers, sommige met baddens met vashouplek

Ekstras:
* Swembad
* Restaurant en kroeg op die perseel, maaltye en piekniekmandjies op versoek, wynkelder
* Spa-behandelinge
* DStv
* Gratis WiFi
* Kamerbediening
* Daaglikse skoonmaakdiens
* Wasgoeddiens
* Veilige parkeerplek op die perseel en 24 uur-sekuriteit

Shangri-La Country Hotel & Spa

LIMPOPO

Thandile Country Lodge

Thandile Country Lodge

Waar: Bela-Bela >>Sien die kaart
Tipe verblyf: B&B

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak binne
* Ruim kamers
* Ruim badkamers, instapstort in die tweeslaapkamereenheid

Ekstras:
* Swembadjie
* Braaiplek
* Ten volle gelisensieerde restaurant op die perseel, Engelse ontbyt soggens, ander maaltye en piekniekmandjies op versoek
* DStv
* Daaglikse skoonmaakdiens
* Wasgoeddiens
* Begeleide perdritte vir beginners en ervare ruiters teen ekstra koste
* Veilige parkeerplek

Thandile Country Lodge

NOORD-KAAP

Kimberley Anne Small Luxury Hotel

Kimberley Anne Small Luxury Hotel

Waar: Kimberley >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Hotel

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak binne
* Hysbakke om trappe te vermy
* Ruim badkamers, sommige met instapstorte of baddens met klein verhewe sitoppervlaktes

Ekstras:
* Swembad
* Lugversorging
* Restaurant op die perseel, skemerkelkiekroeg op die dek, maaltye op versoek
* Slim-TV en DStv
* Persoonlike kluis
* Vinnige WiFi
* 24 uur-ontvangs
* Kamerbediening
* Portier en nagportier
* Daaglikse skoonmaakdiens
* Wasgoeddiens
* Kinderoppasser op versoek
* Lughawe-pendeldiens op versoek
* Veilige onderdakparkeerplek op die perseel en 24 uur-sekuriteit

Kimberley Anne Small Luxury Hotel

Kamieskroon Cosy Cottages

Kamieskroon Cosy Cottages

Waar: In Namakwaland, 67 km suid van Springbok en 47 km noord van Garies >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Selfsorgkothuise (3 – 4 gaste per eenheid)

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak binne
* Ruim kamers
* Ruim badkamers met instapstorte, sommige met bankies

Ekstras:
* Braaiplek
* Platskerm-TV met die DStv Premium-pakket
* Skoonmaakdiens en wasgoeddiens op versoek
* Troeteldiere welkom indien gereël
* Veilige parkeerplek op die perseel

Kamieskroon Cosy Cottages

VRYSTAAT

Fairview Cottages

Fairview Cottages

Waar: Stapafstand van Clarens se middedorp af aan die voorheuwels van die Malutiberge >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Selfsorgkothuis (2 gaste)

Toeganklikheid:
* Titanic View Cottage is rolstoelvriendelik
* Gelyke vloeroppervlak binne
* Ruim kamer
* Ruim badkamer met instapstort

Ekstras:
* Braaiplek
* Dek
* Elektriese kombers
* Selfsorggeriewe
* Eksklusiewe DStv
* Boeke en tydskrifte
* Veilige parkeerplek op die perseel

Fairview Cottages

Warm Karoo

Warm Karoo

Waar: In Spitskop, ’n voorstad van Bloemfontein >>Sien die kaart
Tipe verblyf: B&B

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak binne
* Ruim kamer
* Ruim badkamers, die een met ’n bad met sitplek op die rand

Ekstras:
* Restaurant en kroeg op die perseel, ontbyt ingesluit, ander etes en piekniekmandjies op versoek beskikbaar, wynkelder
* DStv
* Skoonmaakdiens op versoek
* Wasgoeddiens
* Kinderoppasser op versoek
* Veilige parkeerplek op die perseel agter ’n elektriese hek

Warm Karoo

GAUTENG

Osborne House

Osborne House

Waar: In die hartjie van die historiese Brooklyn in Pretoria, stapafstand van Brooklyn Mall, die Universiteit van Pretoria en Loftus Sportstadion af >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Gastehuis

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak binne
* Ruim kamer
* Ruim badkamers met instapstorte en/of baddens met vashouplek

Ekstras:
* Pragtige, gerestoureerde Edwardiaanse herehuis
* Swembad
* Braaiplek
* Persoonlike kluis
* DStv
* ADSL-internet
* Wasgoeddiens
* Veilige onderdakparkeerplek op die perseel

Osborne House

The Reef Hotel ****

The Reef Hotel

Waar: Johannesburg se stadskern >>Sien die kaart
Tipe verblyf: Hotel

Toeganklikheid:
* Gelyke vloeroppervlak binne
* Hysbakke om trappe te vermy
* Ruim kamers en badkamers

Ekstras:
* Jacuzzi en sondek
* Lugversorging
* Restaurant, kroeg en kelkiekroeg op die perseel, ontbyt en drankies ingesluit, ander maaltye op versoek
* Plasma-TV met DStv
* Tee- en koffiemaakgeriewe
* Persoonlike kluis
* Gratis WiFi
* 24 uur-ontvangs
* 24 uur-kamerbediening
* Portier
* Daaglikse skoonmaakdiens
* Wasgoeddiens
* Kinderoppasser op versoek
* Lughawe-pendeldiens op versoek
* Veilige onderdakparkeerplek en 24-uur sekuriteit

The Reef Hotel

Siedaar, 26 rolstoelvriendelike blyplekkies, 26 redes om opgewonde te wees oor jou volgende wegbreek!

 

Hooffoto en tweede foto: Bigstock