Kategorie: Wes-Kaap

Lekke naweek-doendinge in ons pragtige provinsies
Niemand kan kla dat daar ’n tekort aan doendinge in Suid-Afrika is nie! Ons beeldskone land spog met 9 wonderlike provinsies met ’n hele rits doendinge en besienswaardighede vir elke gier. Toeriste kom van regoor die wêreld om self te kom kyk wat dié unieke land van ons bied. Speel ’n slag toeris in jou […]
19 Mei 2017

Suid-Afrika: ’n Voëlparadys van Noord tot Suid
Suid-Afrika word beskou as een van die wêreld se topvoëlkykbestemmings met sowat 850 opgetekende voëlspesies. Die meeste spesies, soos die bosluisvoël en lelkraanvoël, woon in Suid-Afrika of besoek ons land jaarliks. Slegs ’n kwart van die spesies, soos die teeleendjie en die jakkalsvoël, word net hier op eie bodem gevind. LekkeSlaap wys jou waar die […]
12 Mei 2017

’n Wittebrood vir Elke Sak en Gier
Wittebrood-dagdrome is sinoniem met Jacuzzi’s, hemelbeddens, randvloeiswembaddens met see-uitsigte, vonkelwyn, en suites wat in roosblare getooi is …. Daar is egter net een probleem: dié klas bederf is gewoonlik bo die meeste van ons se vuurmaakplek. Dis hoekom ons na ’n paar streke gaan kyk het wat gewild is onder wittebroodspaartjies en rondgesnuffel het vir […]
28 April 2017

Dis Hemelsblou op die Platteland: 10 Blou Kothuisies vir ’n Bobaas-blaaskans
Die Suid-Afrikaanse platteland is ’n skatkis vol oulike wegbreekbestemmings wat wag om ontdek te word. LekkeSlaap het tien blyplekkies opgespoor wat met spatsels blou in bekoorlike kothuisies so reg uit ’n sprokiesverhaal omgetower is. Hiér sal jou wildste sprokiesdrome bewaarheid word! In die hartjie van die kunstenaarsdorpie, McGregor, nooi Francolin Cottage se poeierblou voordeur ’n […]
24 April 2017

Stories en Seesand: Slenterstap langs die Weskus
Los al jou pretensies by die huis ─ bring net jou stapskoene en ’n ontvanklike hart, want ons gaan aan die Weskus slenterstap! Die gesogte Shoreline of the San-roete is ’n slackpacking-avontuur tussen die nederige vissersdorpies, Elandsbaai en Strandfontein. Dit is een van die béste maniere om hierdie spesiale kusstrook, sy onopgesmukte hartsmense, lipleklekker tradisionele […]
19 April 2017

Volstruisparadys: 7 redes om Oudtshoorn te besoek
“Klein-Karoo, verre land van verlatenheid … Klein-Karoo, waar die Swartberge troon …” ─ Groep Twee (Sias Reinecke en Gert van Tonder) Lank, lank gelede, voor vinnige plat voertuie en internet-modes, was ’n volstruisveer in jou hoed hoogmode! Dié spoggerige vere is destyds wêreldwyd versprei en het selfs koninklikes se hoofde getooi. ’n Volstruis is egter […]
5 April 2017

6 Spoggerige spa-wegbreke in die Wynlande
Maak die daaglikse geswoeg by die werk jou moeg? Of wil jy dalk net jou en jou liefling bederf? Lees dan verder, want LekkeSlaap het ses spoggerige wynplase gekies waar jy in weelde kan slaap, topwyn kan proe én heerlike spa-behandelings kan geniet! Santé Hotel & Spa, Paarl ’n Opwindende avontuur wag op jou by Santé […]
15 Maart 2017

Besoek dié 10 Vuurtorings in SA!
Seemonsters, sirenes en ’n plat wêreld ─ dit was beslis nie maklik om in die Middeleeue ’n matroos te wees nie! Suid-Afrika se 3000 kilometer lange kuslyn was tydens dié tydperk ook taamlik onbekend en die ruwe rotse en sterk seestrome het menige seevaarder se vernuf tot die uiterste beproef. Meer as 200 skepe het […]
7 Maart 2017








