Kategorie: Winter

Lekke plekke vir elke seisoen
Soos die kalenderjaar ’n nuwe blaadjie omslaan, is dit tyd om jou vakansieplanne vir 2023 vas te maak. Óf jy jouself as ’n kind van die wind beskou, die gousblomme agter jou oor steek, die blare vir kompos benut óf die branders op ’n sonskyndag najaag, is LekkeSlaap hier om die hele jaar tot die […]
18 Januarie 2023

Verjaag die koue met dié romantiese winterwegbreekplekke
Die winter het met ’n knal arriveer en nou is daar bittermin dinge so lekker as om saam met ’n spesiale iemand voor die kaggel te ontspan. As koue aande, bordspeletjies voor die vuur, warmsjokolade-drankies en luilekker oggende in die winterson vir jou idillies klink, is dit nou tyd om jou volgende romantiese winterwegbreek te bespreek. […]
15 Junie 2022

10 huise met kaggels vir groepe
Reg oor die land begin almal stadig maar seker weer hul wintersklere uitpak, sopresepte uitruil en natuurlik seker maak daar is genoeg hout om die kaggel te stook. Maar die koue weer beteken nie julle hoef by die huis sit nie ─ inteendeel, dit is nou dié perfekte tyd om daardie winterwegbreek saam met jou […]
15 Junie 2021

Romantiese bergkothuise vir die winter
Die winter is hier en met die dae wat soveel korter is, is dit maklik om elke dag van punt A tot B te jaag en in die proses tred van jou spesiale persoon te verloor. Hoekom dan nie die koue uit die winter haal met ’n romantiese wegbreek in die berge nie? LekkeSlaap.co.za het […]
9 Junie 2021

Hiér kan jy op Groot Vyf-avonture gaan
Vir dié wat die Krugerwildtuin al platgetrap het, of op soek is na plekke ’n bietjie nader aan die huis om wild te kyk, is daar nie ’n tekort aan opsies in Suid-Afrika nie. Die Groot Vyf is nie net tot die Krugerwildtuin beperk nie en dit is soms juis in van die ander parke […]
5 Mei 2021

Suid-Afrikaanse woude om in die winter te verken
Soos gesien op Maroela Media. Soos wat die somermaande tot ’n einde kom en winterserpe uit die kas gehaal word, raak dit tyd om ’n afkoel-sessie in die see vir ’n aand voor die kaggel in die woud te verruil. Suid-Afrika se natuurryk is so divers dat elke woud wat in dié land verken word, […]
30 Maart 2021

Sutherland: ’n Naweek tussen die Karoo-sterre
Op die Roggeveld-platorand skuil ’n piepklein dorpie met ’n hart so groot soos die hemelruim. Sutherland is beslis meer as ’n navorsingsteleskoop en asvaal, sneeubedekte vlaktes. Hiér ken almal mekaar en besoekers word met egte Karoo-gasvryheid verwelkom. As iemand met ’n liefde vir letterkunde, geskiedenis en die natuur, wou ek Sutherland nog altyd besoek en […]
29 Januarie 2020

Waar in SA lê ’n witkombers dié winter?
Soos gesien op Maroela Media Daar is niks so skouspelagtig soos ’n vakansie-avontuur in die sneeu nie en in Suid-Afrika sal die blote gedagte van ’n vakansie in die sneeu, kinderlike opwinding bring. Ons almal het al daarvan gedroom om een oggend wakker te word en dadelik met ’n warm koppie boeretroos voor die kaggel […]
12 Junie 2019








