Reg oor die land begin almal stadig maar seker weer hul wintersklere uitpak, sopresepte uitruil en natuurlik seker maak daar is genoeg hout om die kaggel te stook. Maar die koue weer beteken nie julle hoef by die huis sit nie ─ inteendeel, dit is nou dié perfekte tyd om daardie winterwegbreek saam met jou familie of groep vriende te beplan. Daarom wys LekkeSlaap vir jou tien lekker huise vir groepe wat elk met ’n kaggel spog om die koue af te weer!

38 Trails End, Wes-Kaap

Self-catering Sedgefield selfsorg weskaap western cape Trails End

Ons skop die lysie met ’n knus houthuisie langs die Swartvleimeer net buite Sedgefield met slaapplek vir tien gaste af. Die huis het vier ruim slaapkamers, ’n solderarea en twee badkamers wat oorgenoeg plek aan jou en jou groep bied. Natuurlik spog die leefarea met ’n kaggel en julle is ook welkom om jul eie DStv-dekodeerder saam te bring indien julle luilekker voor die TV wil ontspan. 

Daar is twee swembaddens vir oud en jonk en die omgewing bied ’n rits lekker aktiwiteite soos watersport en bergfietsry.

N2, Swartvlei, Trails End, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap selfcatering

Kliek hiér vir die tariewe. 

Berghouse and Cottages, KwaZulu-Natal

kothuis Drakensberge Amfiteaterberg Royal Natal Nasionale Park

Kry daai groep bymekaar en kom kuier hoog in die Noordelike Drakensberge by Berghouse and Cottages, spesifiek in die Thokomala-kothuis vir tien! Dié kothuis is vir selfsorg toegerus en het ’n besonderse uitsig op die berge. Die groot stoep met braaigeriewe sal heel naweek jul gunstelingkuierplek wees. 

kothuis Drakensberge Amfiteaterberg Royal Natal Nasionale Park selfsorg kaggel

Kliek hiér vir die tariewe. 

C’est la Vie, Wes-Kaap 

Paternoster selfcatering selfsorg seaside stay

Dié kothuis vir ses skuil so te sê op die strand in Paternoster en het als wat jy nodig het vir die ideale naweekwegbreek: ’n spoggerige see-uitsig, behoorlike braaigeriewe, ’n kaggel en ’n heerlike kuierstoep. Kom klop hier aan as jy op soek is na ’n Weskusplekkie vir jou en jou gesin. 

Paternoster selfcatering selfsorg seaside stay weskus

Kliek hiér vir die tariewe. 

Khutso Lodge, Limpopo

Mabalingwe Khutso Lodge Limpopo bela bela

Kom kuier op die grens van die Mabalingwe Natuurreservaat in dié luukse bosveldhuisie vir agt. Die kombuis is ten volle toegerus, daar is drie en suite-slaapkamers en die sitkamer spog met ’n kaggel en ’n TV met DStv. As julle nie juis mal is oor binne ontspan nie, sal julle oor die groot onderdakdek met ’n Jetmaster-braai, plonspoel, en speelarea gons.

Mabalingwe Khutso Lodge Limpopo bela bela Natuurreservaat

Kliek hiér vir die tariewe. 

39 Canal Road, Oos-Kaap 

Sea Vista, St. Francisbaai Irma Booysen Florareservaat Oos-Kaap

Beter as dié huis op die kanaal in Sea Vista sal jy nie sommer kry nie. Daar is slaapplek vir tien gaste, uitstekende selfsorggeriewe, ’n gimnasium en speletjieskamer ─ om nie eens van die privaat tennisbaan, trampolien en krieketnet te praat nie! Die kaggel is net so fêncy soos die res van die huis, loer net ’n bietjie na die foto’s. 

Sea Vista, St. Francisbaai Irma Booysen Florareservaat Oos-Kaap kaggel

Kliek hiér vir die tariewe. 

Jimmy’s Place – Thatch Lodge, Gauteng 

Dinokeng Wildreservaat accommodation verblyf selfsorg kagel fireplace

Jimmy’s Place – Thatch Lodge is ’n selfsorg-grasdakhuis vir veertien gaste in die Dinokeng Wildreservaat. Dit is die ideale wegbreekplek vir diegene wat uit die stad wil ontsnap en op soek is na geriewe soos braaiplek en ekstras soos ’n pooltafel, veerpyltjiebord en wildritte op die perseel. Daar is ook verskeie restaurante en kroeë in die omgewing vir wanneer julle ’n bietjie uit wil kom. 

Dinokeng Wildreservaat accommodation verblyf selfsorg kagel fireplace pretoria

Kliek hiér vir die tariewe. 

Stoneyhall Farm, KwaZulu-Natal

Bushman's Nek  Undberberg KwaZulu-Natal accommodation

Stoneyhall Farm spog met drie eenhede wat vir groepe geskik is: die Castle Kothuis vir agt, Bamboo Kothuis vir agt en Haycroft Lodge vir sestien. Dié plaas is dus die perfekte, warm wegkruipplekkie vir jou en jou groep ─ maak nie saak hoé groot. Die verblyf-eenhede is knus met kaggels, toegerus vir selfsorg en Haycroft Lodge is spesifiek lekker ruim en aan die oewer van ’n meer vol baars geleë. Kom maak gerus hier ’n draai as jou familie of groep pêlle mal is oor visvang en berguitsigte, en as julle graag julle troeteldiere wil saambring ─ hulle is ook welkom! 

Bushman's Nek  Undberberg KwaZulu-Natal accommodation verblyf

Kliek hiér vir die tariewe. 

Protea Farm, Wes-Kaap

Montagu Route 62 accommodation Wes-Kaap log cabin

As ons dié kothuise twee keer op die lys kon sit, dan sou ons! Protea Farm is in die Koovallei, sowat 29 kilometer van Montagu af geleë en het verskeie eenhede wat perfek is vir jou wegbreekgroep. Daar is eenhede vir vier tot veertien gaste op dié pragtige plaas. As julle nie in een van die houthuisies voor die kaggel met ’n glasie wyn of ’n goeie boek opkrul nie, sal julle kan julle ’n trekkerrit op die plaas van omtrent 1500 meter bo seespieël geniet of die stap- en bergfietsroetes aandurf.

Montagu Route 62 accommodation Wes-Kaap log cabin houthuis

Kliek hiér vir die tariewe. 

Alm-U, Mpumalanga 

Dullstroom, Mpumlanga romantic

Dié selfsorghuis vir sewe gaste is in Dullstroom geleë en het sommer twee kaggels, waarvan een op die tweede verdieping in die hoofslaapkamer is. Die huis se balkon het ’n uitsig op die Suikerboschkoppie en dis nét die plek waar jy wil wees om vroegoggend ’n koppie koffie te geniet. Al die slaapkamers het elektriese komberse en die kombuis het ’n koffiemasjien, so hiér sal julle beslis nie té koud kry nie.

Dullstroom, Mpumlanga groups stay

 Kliek hiér vir die tariewe. 

Osfontein Gastehuis, Oos-Kaap  

Karoo accommodation fireplace

Die Karoo bly darem net ’n wenner en wat kan lekkerder wees as ’n plaashuis vir tien, net sowat veertig kilometer buite Graaff-Reinet. Osfontein is ’n selfsorgplaashuis met dié mooiste Karoo-uitsigte en vier slaapkamers, en daar word vyf kilogram hout per nag voorsien om seker te maak die kaggelvuur bly brand! Julle sal die enigste gaste op Osfontein wees wanneer julle hier kom bly, so dié huisie is perfek vir jou en jou groep as julle behoorlik van alles en almal af wil wegbreek. 

Kliek hiér vir die tariewe. 

Daar het jy nou tien vuurwarm winterwegbreke om van te kies en te keur! So, moenie dat dié uitstekende bestemmings deur julle vingers glip nie ─ bespreek nóu!

Hooffoto: Berghouse and Cottages (LekkeSlaap)