Soos gesien op Maroela Media.

Soos wat die somermaande tot ’n einde kom en winterserpe uit die kas gehaal word, raak dit tyd om ’n afkoel-sessie in die see vir ’n aand voor die kaggel in die woud te verruil. Suid-Afrika se natuurryk is so divers dat elke woud wat in dié land verken word, soos ’n hele nuwe wêreld voel. LekkeSlaap.co.za vertel ’n bietjie meer oor die woude in ons pragtige land en waar jy hierdie winter tyd in die natuur kan deurbring. 

Thathe Vondo-woud, Limpopo

Fundudzi Camp
Fundudzi Camp

Die Thathe Vondo-plantasie is aan die bokant van die Fundudzi-meer tussen die berge geleë. Daar groei kiaat-, hardehout-, koraal- en koorsbome, wat deur uitheemse dennebome omring word. Volgens volksverhale is daar ’n antieke wit leeu wat hierdie woud bewaar en ontsnap mans wie se harte gebreek word ook hierheen. Besoekers word nie toegelaat om alleen dié woud te verken nie, aangesien dit heilige grond vir Venda-mense is, maar hulle mag wel op die aangewese paadjies stap. Daar is ook toergidse wat begeleide toere van hierdie beeldskone woud bied. Besoekers wat die woud besoek, kan ook na die Soutpansberge ry en die Mahovhovho-waterval besoek.

Fundudzi Camp in die dorpie Mukumbani bied gaste die geleentheid om nog meer van die Venda-kultuur en die omgewing te leer. Besoekers kan ’n paar van die plaaslike rituele bywoon, soos ’n Domba-dansdemonstrasie, of ’n luislang-dans kan vooraf vir vermaak saans gereël word.

Kliek hier vir meer verblyfopsies naby die Thathe Vondo-woud.

Kokerboomwoud, Noord-Kaap

Thousands of quiver trees (Aloe dichotoma) lines the hills in the Quiver Tree Forest at Gannabos near Nieuwoudtville in the Northern Cape Province of South Africa
Bigstock

Kokerbome is inheemse plante in die semi-woestynarea van die Noord-Kaap en suidelike Namibië. Dit is beskermde bome en sal nie sommer buite hul natuurlike habitat groei nie. Die Gannabos Natuurlike Erfenisgebied in Nieuwoudtville in die Noord-Kaap is die tuiste van die grootste kokerboomwoud ter wêreld, met tussen 6000 en 8000 kokerbome. Dit is ook die mees suidelike punt in die wêreld waar hierdie bome groei. Versamelvoëls is mal oor hierdie bome en hulle groot, merkwaardige neste kan oral in hierdie area gesien word. 

Linda se Dop is gerieflik naby die Gannabos Kokerboomwoud, die Hantam Nasionale Botaniese Tuin en die Nieuwoudtville Wildeblom Reservaat geleë wat julle ook kan verken. Die veldblomme maak in Maart hul verskyning en is tussen Augustus en September op hul mooiste. Lekker lê Selfsorg word tydens die veldblomseisoen met blomme omring en Willemsrivier Trekpad Guest Houses, Nieuwoudtville bied toegang tot historiese 4×4-roetes.

Kliek hier vir meer verblyfopsies in Nieuwoudtville.

Tsitsikammawoud, Oos-Kaap

Misty Mountain Reserve
Misty Mountain Reserve

Die Knysna-Tsitsikammawoud is ’n gebroke bosgordel aan die onderkant van die Outeniekwa- en Tsitsikammaberge. Dit is Suid-Afrika se grootste woud en ’n enorme 60 500 hektaar groot. Julle kan ’n dag tussen die bome deurbring,  ’n voetslaanroete aandurf of kyk hoeveel voëlspesies julle in hierdie woud kan gewaar.

Tsitsikamma is ’n Khoi-woord wat “plek van baie water” of “oorvloed water” beteken en verwys natuurlik na die hoë reënval wat hierdie streek ontvang. Die interessante plant- en dierspesies wat hier voorkom kan ook aan die hoë reënval toegeskryf word.

Hierdie woud, wat ’n gunstelingplek onder toeriste is, moet beslis vir langer as ’n dag verken word. Bly ’n bietjie langer by Sifrandi wat drie slaapkamers het, met uitsigte oor die see vanuit elke kamer, of kruip by Mount Africa tussen die berge weg, wat perfek is vir ’n gesin of groep vriende wat op soek is na ’n wegbreek.

Kliek hier vir meer verblyfopsies in Tsitsikamma.

Knysnawoud, Wes-Kaap

Forest Valley Cottages

Dit is nie moeilik om te sien hoekom Dalene Matthee soveel inspirasie uit die Knysnawoud vir haar bosboeke geput het nie. Hier kan jy stap, voetslaan, piekniek hou, bergfietsry, bome uitken, voëlkyk en jouself verlustig in die grootste woud in die land. Dit is die tuiste van ’n hele paar bedreigde kreature, soos die Knysna-olifant, die Knysna-loerie en die Knysna-trapsuutjies.

As jy jouself in die tipe lewe wat die bosbewoners destyds gelei het wil inleef, is Woodcutters Forest Cottages perfek. Hierdie kothuise is op die grens van die Knysna-woud en jy kan dit as ’n basis gebruik om die Kringe-in-‘n-bos-staproete te doen, piekniek te hou by Jubilee Creek en die Dalene Matthee-gedenkteken by die Groot Boom te besoek. Cabin 16 at Phantom River View bied selfsorgverblyf aan ’n groot groep en spog met ’n asemrowende uitsig oor die woud, sodat julle die grootheid daarvan behoorlik kan inneem.

Kliek hier vir meer verblyfopsies in Knysna.

Magoebaskloof, Limpopo

Forest Bird Lodge

Die Magoebaskloofpas is ’n groen, welige area wat deur denne- en bloekomplantasies omring word tussen Tzaneen en Polokwane. Dié pas spog met van die langste bome in Afrika, wat meer as tagtig meter hoog strek. Die Woodbush Woudreservaat, in die hartjie van Magoebaskloof, is een van die enigste plekke in die land waar die swartoogbokslaksman en die woudpapegaai gesien kan word. In hierdie area kan jy by die Debengeni-waterval piekniek hou of ’n 4×4-roete aandurf. 

By Forest Bird Lodge kan jy sommer reg tussen die bome in houthuise op stelte bly. Daar is wandelroetes wat uitsigte oor watervalle en die woud bied. Voëlkykentoesiaste sal hierdie paadjies geniet en daar is ook woudpaadjies wat bergfietsryers kan aandurf. Sequoia Garden Retreat is tussen die berge geleë en word omring deur pragtige bome wat van saad wat in 1941 in China se Sirchuan-provinsie versamel is, afkomstig is.

Kliek hier vir meer verblyfopsies in Magoebaskloof.

Daar het jy dit nou! Kom hiberneer lekker in ’n woud hierdie winter, daar is ’n hele rits plekke vir jou om te verken! 

Hooffoto: Fundudzi Camp op LekkeSlaap.co.za