
8 Lekke plekke met bergfietsroetes op die perseel
’n Avontuurvakansie is nie volmaak sonder om die kontoerlyne van berge op ’n bergfiets aan te pak nie. Suid-Afrika is ’n skilderdoek van opwindende roetes wat vir Jan Alleman én Jan Kenner geskik is. ’n Bergfietsroete bied avontuurlustiges ’n eerstehandse ervaring van die fauna en flora van ’n streek en is ook ’n eko-vriendelike manier […]
2 Junie 2021

Spoke, gin en tee ─ dít alles in Namakwaland
Van ’n ou tronk, koffie op ’n berg en ’n unieke ginproe-ervaring, tot verblyf by ’n ou klooster ─ dit is alles in Vanrhynsdorp en die omgewing te vinde! LekkeSlaap is onlangs na dié deel van Namakwaland genooi om ’n bietjie na die vriendelike mense se interessante stories te luister en alles wat mooi is […]
24 Mei 2021

Lambertsbaai: die kuns-, kos- kultuur- en kurio-mekka aan die Weskus
Mense is geneig om te dink dat Lambertsbaai net nóg ’n dorpie aan die Weskus is, maar as jy die pad verby Paternoster en Velddrif aandurf tot waar die snoekskuite in hulle primêre kleure op die water dobber, wag daar oorgenoeg aktiwiteite om jou en die kroos te vermaak. LekkeSlaap het eendag, nie so lank-lank […]
20 Mei 2021

Letsatsi Lodge: ’n Oase op die Knersvlakte
Ná ’n lang dag op die pad, lê die lodge soos ’n oase en wag wanneer ons oor die laaste koppie ry ─ as my oë my nie misgis nie, is dit dan nou glad palmbome wat daar tussen die lodge-geboue staan? Toe Letsatsi Lodge LekkeSlaap genooi het om ’n naweek by hulle op die […]
12 Mei 2021

Hiér kan jy op Groot Vyf-avonture gaan
Vir dié wat die Krugerwildtuin al platgetrap het, of op soek is na plekke ’n bietjie nader aan die huis om wild te kyk, is daar nie ’n tekort aan opsies in Suid-Afrika nie. Die Groot Vyf is nie net tot die Krugerwildtuin beperk nie en dit is soms juis in van die ander parke […]
5 Mei 2021

Vreemde (maar fantastiese) blyplekke
Nog altyd gewonder hoe dit sou wees om binne-in ’n kokosneut te bly? En wat van ’n aand in ’n swierige graansilo of ’n opgedollie-de voortrekkerwa? Dan is daar natuurlik die opsie om op ’n skip in die middel van die Karoo te bly, of in ’n “gestrande” trein. Met LekkeSlaap se keur gerieflike dog […]
28 April 2021

LekkeSlapers se top-10 blyplekke
Ons is mal daaroor om van ons mooiste plekkies op ons Facebook-blad te deel en te sien van watter vakansieplekke julle die meeste hou! In dié blog wys ons vir julle die top-10 blyplekke waaroor LekkeSlapers die afgelope jaar die meeste op ons Facebook-blad gegons het. 10. Sea Castle 2, Paternoster Ons skop ons lysie […]
22 April 2021

Ons sal altyd Parys hê! Pret en prag in die Vrystaat se lieflingdorpie
Aan die oewer van die Vaalrivier skuil dié klein, maar alles behalwe stil, toerismedorpie. Parys in die Vrystaat het oor die jare gegroei van ’n plattelandse dorpie tot ’n juweel van toerisme, kuns en die gasvryheid wat ’n mens van ’n plaasgemeenskap sal verwag. Inwoners van Gauteng en Noordwes gaan kuier gereeld vir ’n langnaweek, […]
14 April 2021








