
Maak ’n draai in Morganbaai
Suid-Afrika se Wildekus is een van die mees ongerepte dele van die land en sy pragtige natuurskoon lok reisigers van heinde en verre. Gxarha, voorheen bekend as Morganbaai, staan as die Wildekus-paradys bekend en dit neem net sowat ’n uur op die goue wig tussen die see en die strandmeer om te besef hoekom so […]
10 Februarie 2023

Lekke naweekdorpies buite Kaapstad
Die jaar het skaars afgeskop en dit voel reeds asof ’n mens al weer ’n vakansie nodig het. Daarom is ’n naweekwegbreek elke nou en dan net die ding wat jy nodig het om jou te verfris en weer nuwe energie vir die res van die maand te gee. In die Wes-Kaap het ons gelukkig […]
2 Februarie 2023

Jou 2023-vakansies: Maak die meeste van jou verlof
Die jaar is al volstoom aan die gang en dit is nie te vroeg om jou 2023-vakansies te reël en jou verlof in te sit nie. Wees strategies met jou verlof om te verseker dat jy en jou gesin hierdie jaar ordentlik rus! Heerlike Herfs (Maart – Mei) Hierdie Herfs het Suid-Afrika drie langnaweke. Bespreek […]
24 Januarie 2023

Lekke plekke vir elke seisoen
Soos die kalenderjaar ’n nuwe blaadjie omslaan, is dit tyd om jou vakansieplanne vir 2023 vas te maak. Óf jy jouself as ’n kind van die wind beskou, die gousblomme agter jou oor steek, die blare vir kompos benut óf die branders op ’n sonskyndag najaag, is LekkeSlaap hier om die hele jaar tot die […]
18 Januarie 2023

Suid-Afrikaanse feeste in 2023
(Suid-)Afrikaners is mos plesierig! Daarom het ons ’n fees, naweek of samekoms vir omtrent elke ding onder die son: van vetplante tot vleis, en van wol tot walvisse. Kyk ’n bietjie deur LekkeSlaap se lys van ons land se vreemde, fantastiese feeste en maak seker jy bespreek vroegtydig jou lêplekkie sodat jy 2023 ’n behoorlike […]
12 Januarie 2023

Top-10-blyplekke wat júlle harte vinniger laat klop
Met meer as 25 000 blyplekke op ons webtuiste kan ’n mens maklik van al die mooistes waarop jy al afgekom het, vergeet. Het jy geweet LekkeSlaap het ’n Gunsteling-opsie waar jy al jou gunstelingblyplekke kan stoor en weer in ’n japtrap kan opspoor wanneer jy jou volgende vakansie beplan? Danksy hierdie nuttige funksie kon […]
9 Desember 2022

Blouvlagstrande 2022: Waar jy hierdie somervakansie veilig kan swem
Dit was ’n goeie jaar vir Suid-Afrikaanse strande, ondanks die groot uitdagings wat munisipaliteite die hoof moes bied. Só kan ’n mens aflei uit die Wildlife and Environment Society of South Africa (WESSA) se nuwe lys Blouvlagstrande wat aandui dat daar meer blou vlae as verlede jaar tydens die 2022/2023-seisoen langs die Suid-Afrikaanse kus sal […]
5 Desember 2022

Woerts-warts deur die Wild Frontier
Die Wild Frontier is ’n pragtige, minder bekende streek in Mpumalanga wat grense met die suide van Mosambiek, die noorde van Eswatini (voorheen Swaziland) en die suide van die Krugerwildtuin deel. Daar word soms na dié area as die “Wieg van die Lewe” verwys omdat daar meer as drie miljard jaar terug verskeie belangrike argeologiese […]
30 November 2022








