
Jou gids tot Johannesburg
Was jy al ooit in die besigste stad in Suid-Afrika sonder ’n idee oor waar om te gaan of waarmee om jouself besig te hou? Johannesburg is nie net die ekonomiese kern van Suid-Afrika nie, maar bied besoekers die geleentheid om iets anders as die gewone see-vakansie te beleef. Tussendeur die gejaag van die Goudstad […]
23 Junie 2021

10 huise met kaggels vir groepe
Reg oor die land begin almal stadig maar seker weer hul wintersklere uitpak, sopresepte uitruil en natuurlik seker maak daar is genoeg hout om die kaggel te stook. Maar die koue weer beteken nie julle hoef by die huis sit nie ─ inteendeel, dit is nou dié perfekte tyd om daardie winterwegbreek saam met jou […]
15 Junie 2021

Romantiese bergkothuise vir die winter
Die winter is hier en met die dae wat soveel korter is, is dit maklik om elke dag van punt A tot B te jaag en in die proses tred van jou spesiale persoon te verloor. Hoekom dan nie die koue uit die winter haal met ’n romantiese wegbreek in die berge nie? LekkeSlaap.co.za het […]
9 Junie 2021

8 Lekke plekke met bergfietsroetes op die perseel
’n Avontuurvakansie is nie volmaak sonder om die kontoerlyne van berge op ’n bergfiets aan te pak nie. Suid-Afrika is ’n skilderdoek van opwindende roetes wat vir Jan Alleman én Jan Kenner geskik is. ’n Bergfietsroete bied avontuurlustiges ’n eerstehandse ervaring van die fauna en flora van ’n streek en is ook ’n eko-vriendelike manier […]
2 Junie 2021

Spoke, gin en tee ─ dít alles in Namakwaland
Van ’n ou tronk, koffie op ’n berg en ’n unieke ginproe-ervaring, tot verblyf by ’n ou klooster ─ dit is alles in Vanrhynsdorp en die omgewing te vinde! LekkeSlaap is onlangs na dié deel van Namakwaland genooi om ’n bietjie na die vriendelike mense se interessante stories te luister en alles wat mooi is […]
24 Mei 2021

Lambertsbaai: die kuns-, kos- kultuur- en kurio-mekka aan die Weskus
Mense is geneig om te dink dat Lambertsbaai net nóg ’n dorpie aan die Weskus is, maar as jy die pad verby Paternoster en Velddrif aandurf tot waar die snoekskuite in hulle primêre kleure op die water dobber, wag daar oorgenoeg aktiwiteite om jou en die kroos te vermaak. LekkeSlaap het eendag, nie so lank-lank […]
20 Mei 2021

Letsatsi Lodge: ’n Oase op die Knersvlakte
Ná ’n lang dag op die pad, lê die lodge soos ’n oase en wag wanneer ons oor die laaste koppie ry ─ as my oë my nie misgis nie, is dit dan nou glad palmbome wat daar tussen die lodge-geboue staan? Toe Letsatsi Lodge LekkeSlaap genooi het om ’n naweek by hulle op die […]
12 Mei 2021

Hiér kan jy op Groot Vyf-avonture gaan
Vir dié wat die Krugerwildtuin al platgetrap het, of op soek is na plekke ’n bietjie nader aan die huis om wild te kyk, is daar nie ’n tekort aan opsies in Suid-Afrika nie. Die Groot Vyf is nie net tot die Krugerwildtuin beperk nie en dit is soms juis in van die ander parke […]
5 Mei 2021








