
Pak die Drakensberge te perd aan!
Hoe klink ’n vakansie in Suid-Afrika se hoogste bergreeks vir jou? Die Drakensberge strek oor meer as 1000 kilometer en dis die hoogste én grootste bergreeks in Suid-Afrika. So hoekom verken jy nie dié wonderlike stukkie van Suid-Afrika te perd nie? Op die rug van ’n perd is daar geen motorruit om jou uitsig te […]
27 November 2015

Klink ’n glasie op die Klink Awards 2015-wenners!
LekkeSlaap is genooi om dié jaar se Klink Awards by te woon. Elke jaar stel hierdie toekennings jou in staat om aanlyn jou sê te sê oor die beste wynbestemmings en -ervarings in die land. Oor die afgelope 10 weke het wynliefhebbers gestem vir een, of ’n paar, van die 77 wynplase op die Klink-lys. Daar kan egter […]
25 November 2015

Toer saam op Roete 62
Roete 62 begin wel al in die Kaap, maar dis gewoonlik so nés jy by die Hugenote Tonnel uitry dat die vakansiekoors jou tref! Roete 62 strek van Kaapstad tot in Port Elizabeth, maar ons het vir jou ʼn nuttige reisgids saamgestel van die doendinge, eet- en blyplekke in ʼn paar van die deurrydorpies op […]
19 November 2015

Familie-vakansies
Hier by LekkeSlaap glo ons in familie, maar ons besef ook dat dit soms moeilik is om ’n plek met genoeg doendinge vir die hele gesin op te spoor. Ons het ’n paar lekke plekke in elke provinsie gaan soek wat spesiaal ingerig is om elkeen in jou gesin gelukkig te hou! Die fokus is juis […]
13 November 2015

Ekovriendelike vakansies!
Groen-vakansies is die nuutste gier. Dit is dus tyd dat jy ook op dié wa klim en sodoende jou deeltjie vir ons omgewing doen. Alhoewel ekovriendelike vakansies en wegbreke heerlik kan wees, is dit belangrik om te verstaan waar dié idee vandaan kom. Ons stort rommel in riviere, grou gate waarin vullis vir dekades lank […]
11 November 2015

Paternoster wat in die hemel is
Die stories oor Paternoster se naam waai oor die eeue heen oor die wit strand en, soos dit maar met die geskiedenis gaan, kan ’n mens nie die mond wat die storie vertel, skei van die storie self nie. Vissermanne vertel verhale van Strandlopers wat elke dag by ’n seekos-buffet aangesit het met krale genaamd “Paternosters” […]
6 November 2015

Sing saam by die Tulbagh Somerkonsertreeks 2015/2016
Is jy gereed vir die somer? Wel, Tulbagh het nét die ding vir jou! Dié skilderagtige, historiese dorpie bied van 7 November 2015 tot 5 Maart 2016, een Saterdag per maand, ’n skouspelagtige vertoning aan. Die Heuwels Fantasties, Arno Carstens, Karen Zoid, Jack Parow en Francois van Coke tree almal op, en na die tyd […]
4 November 2015

Nieu-Bethesda: Grafsteen van Geheime
Die piepklein dorpie Nieu-Bethesda lê weggesteek in Suid-Afrika se mooie Karoo. Al wat jy nodig het vir ’n interessante, ongewone avontuur na dié oulike, versteekte plekkie is ’n ou padkaart, ’n paar note in jou beursie en ’n motor met ’n vol tenk. Met die intrapslag laat die stowwerige straatjies en ’n ernstige tekort aan […]
26 Oktober 2015








