Die helfte van die somer lê nog voor, so dis tyd om daai tentpenne af te stof en die natuur in te vaar. Gewone vakansiegangers hoef slegs te dink aan kos en klere, maar ’n kampeerder moet heelwat meer inpak om te verseker dat kamp nie ’n ramp is nie.

Wat moet jy alles onthou? En hoe onthou jy dit? Die antwoord is ’n goeie ou onthoulysie. Maar met dié antwoord duik daar weer ’n paar nuwe vrae op: Hoe begin ek so ’n lysie as ek so min weet van kamp soos ’n kat van saffraan? Waar gaan ek die tyd kry om ’n lysie te maak? Hoe weet ek my lysie is volledig? En so gaan dit aan …

Om jou uit dié penarie te red, het LekkeSlaap ’n oulike kamplysie saamgestel wat sal verseker dat jy volgende keer soos ’n kampioen sal kamp!

Kits-wenk: neem die lysie saam wanneer jy gaan kamp en soos jy aan dinge dink wat jy vergeet het, voeg dit sommer dadelik by. 

Tent:

Gemsbok 4X4 en Kampterrein, Wes-Kaap

* tent
* tentpenne en hammer
* grondseil
* matras, slaapmat of kampbedjie
* pomp vir die matras (en gom ingeval daar ’n gatjie is)
* beddegoed – slaapsak, kussing, kombers
* skoppie en besem

Klere en ander persoonlike benodighede:

Pak jou tas - Bigstock

(dié lysie hang van die seisoen en plek waar jy gaan kamp af)

* warm baadjie
* stewels of minstens toe skoene
* reënjas of sambreel
* sandale of plakkies
* sokkies
* kortbroek
* hempde
* slaapklere
* hoed en sonbril
* swemklere
* bad- en swemhanddoek
* seep, sjampoe en kam of borsel
* witgoud (ook bekend as toiletpapier)
* spuitgoed, “roll-on”
* tandeborsel en -pasta
* lyfroom en sonbrandroom

Liggies en braai-dinge:

Moriti Bush Camp, Limpopo

* flitse, koplampies en batterye
* gaslampe
* kerse (sitronella-kerse gee nie net lig nie, maar hou ook muskiete weg)
* blits, hout, houtskool en vuurhoutjies
* rooster, tang en ander gereedskap
* potjie of ’n platboompot

Kos en die kombuis:

Madi a Thavha Mountain Lodge, Limpopo

* water
* ys en koelbokse
* koffie, tee, suiker, boksiemelk of poeiermelk
* olie en jou gunstelingsouse
* ’n paar kruie, sout, peper en braaisout
* blikoopmaker
* eierspaan
* aartappelskiller
* houtlepel
* skêr
* mengbak en slaaibak
* braaibak
* plastiekglase en blikbekers
* papier- of blikborde
* eetgerei (veral skerp messe)
* foelie, kleefplastiek, plastiekbakkies of -sakkies vir oorskiet
* papierhanddoeke en servette
* swartsak en ekstra sakke
* opwasmiddel, sponsies en staalwol
* vadoeke en oondhandskoene

Algemeen:

lipsalf, sonbrandroom en After Sun
* insekweerders
* fluitjie
* kamera
* gereedskap soos ’n hammer, byl, graaf en tou
* boeke en tydskrifte
* speelkaarte
* speelgoed vir die jongspan
* radio
* kampstoele en piekniekkombers
* knipmes en kleefband
* naald en gare

Mediese kissie:

Mediese kissie - Bigstock

Raadpleeg jou huisdokter, die lysie hieronder is net ’n basiese riglyn.

* basiese pille – kospeer, naarheid, maagkwaal, allergie
* antiseptiese salf
* pleisters
* ontsmettingsmiddel
* watte
* latex-handskoene
* naelknippertjie, haartangetjie en skêrtjie

***

Is jy ’n KAMPioen-kampeerder? Deel gerus jou wenke en kreatiewe idees met ons!