Pick your preferred language

English

Afrikaans

Geverifieerde Resensie

Beaufort West

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1365 resensies.

Beaufort-Wes

The Grey House

"Sal beslis weer daar oorslaap!"

Beaufort-Wes

Villa Contessa

"Mooi en vriendelik soos altyd."

Beaufort-Wes

Altyd Lekker

"Good overnight stop to Cape Town, very convenient. "

Beaufort-Wes

@ Mango's

"Ons het basies in die donker daar aangekom en weer in die donker gery so ons kan nie eintlik kommentaar lewer oor Beaufort-Wes nie."

Beaufort-Wes

Mitat Gastehuis

"Ideale halfwegstasie vir my lang reise."

Beaufort-Wes

Mitat Gastehuis

"'n Gerieflike halfpadstasie vir my lang reise."

Beaufort-Wes

@ Mango's

"Vuil dorp. "

Beaufort-Wes

Dreams

"Baie mooi, klein dorpie. Alhoewel dit loadshedding was, kon mens darem kos koop. Sal weer daar oorslaap. "

Beaufort-Wes

17 On Bird Guest House

"Hulle het groot uitdagings!"

Beaufort-Wes

Bakgat Blyplek

"Alles wat jy nodig het is beskikbaar in die dorp."

Beaufort-Wes

Grootfontein Farm House

"Chris Barnard Museum whilst very informative/interesting was expensive and the guide lacked knowledge on the subject."

Beaufort-Wes

Die Nessie

"Mooi dorp. "

Beaufort-Wes

Die Herehuis

"Ideale oornagplek op pad na Kaapstad. Karoo Nasionale park buite Beaufort Wes is pragtig, en die berge is werklik besonders mooi. As jy die Karoo werklik wil sien, is dit die moeite werd om daarheen te gaan. Koue nagte in die winter en warm dae in die somer. Pragtige huise en kerke van historiese waarde."

Beaufort-Wes

Bakgat Blyplek

"Die dorp is basies sinoniem met dr Chris Barnard. Punt. Dis die moeite werd, maar daar is nie veel anders vir die toeris nie. Verder moet mens maar na die Karoo Nasionale Park gaan. 4 Sheep Restaurant maak heerlike kos. Veral lamsvleisdisse is 'n moet!"

Beaufort-Wes

Mitat Gastehuis

"'n Mekka in die hartjie van die Karoo."

Beaufort-Wes

Die Kussinkie

"Sal so dag of twee langer moet vertoef om by die besienswaardighde uit te kom."

Beaufort-Wes

@ Mango's

"Even though we enjoyed our stay. We had to drive through the town and didn't feel quiet comfortable due to the condition of the town."

Beaufort-Wes

Ko Ka Tsara Bush Camp

"Beaufort-Wes is 'n baie klein dorpie. Ons het net die dag van my verjaarsdag ingery dorp toe om by 'n plekkie te gaan eet. Nietemin was die personeel baie vriendelik. Het nie baie rondgery in Beaufort-Wes nie so dit is moeilik om te weet watter besienswaardighede daar regtig is. Dit is 'n goeie halfpad stop op pad Kaap toe."

Beaufort-Wes

X Ventures

"Die dorp is nie meer wat dit was nie. Baie agter uit gegaan, nie meer so skoon en veilig soos 'n paar jaar gelede nie en met al die trokke op die N1, is dit soms 'n nagmerrie om deur die dorp te kom."

Beaufort-Wes

Bakgat Blyplek

"Gerieflike oornagplek vir die N1 tog van noord na suid."

Beaufort-Wes

Steenbokkie Nature Reserve

"Het nie 'n probleem met die plekkie, voel veilig. "

Beaufort-Wes

Biffie's Cottages

"Die dorp is maar omgekrap, maar gelukkig is Biffies Cottages aan die noordekant van die dorp geleë. Dit was een van ons oorwegende besluite."

Beaufort-Wes

Biffie's Cottages

"Te veel rommel en vullis in strate. Te veel gate in paaie. Die dorp kom slordig voor en lyk nie of daar enige munisipale dienste is nie."

Beaufort-Wes

@ Mango's

"Net vir oorslaap."

Beaufort-Wes

Die Herehuis

"Pragtige dorp."

Beaufort-Wes

Bakgat Blyplek

"'n Besige dorp wat alles bied wat benodig kan word en is vir seker baie skoner as baie ander Karoo-dorpe."

Beaufort-Wes

Dagbreek

"Great destination."

Beaufort-Wes

Die Herehuis

"Dit is 'n juweel op die lang pad Kaap toe, het my verlustig in die boustyle en die skoonheid en netheid van die hele dorpie."

Beaufort-Wes

Dreams

"Was net een aand daar."

Beaufort-Wes

Ons Huisie

"Dis 'n pragtige dorp en ek sou graag meer tyd hier wou deurbring en verken."

Blad
Blad 12 - Wys 331 tot 360
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang