Geverifieerde Resensie
Bloubergstrand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloubergstrand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 335 resensies.
"Dit is 'n ongelooflike mooi en veilige omgewing. Fantastiese tyd daar beleef. Top klas restaurante en kuierplekke in area."
"Sal beslis weer by Eden on Bay gaan bly, miskien eerder 'n woonstel met beter uitsig as dit beskikbaar is."
"Lovely place. Bloubergstrand made me sad to be back in Johannesburg. Would like to visit again, would love to move there permanently! "
"Kies net die regte dag om op te gaan, anders gaan jy niks sien van bo af nie. Mistigheid wat dit veroorsaak."
"Bloubergstrand is baie mooi, en bied verskeie restaurante. Daar is nie soveel aktiwiteite of besienswaardighede in Bloubergstrand nie, maar is na genoeg geleë om plekke soos Tafelberg en Kaappunt te bereik vir daguitstappies. Ek sal maklik weer in Bloubergstrand vakansie hou."
"Very clean area, upmarket shopping mall close by, best beach sunset view. Best place to stay in."
"Dit is moeilik om see toe te stap van die huis - so dit sal my afsit om dit weer te huur. Dit is 'n baie mooi huis en oor die algemeen het dit omtrent alles wat jy nodig het, maar ek twyfel of ek weer die spesifieke huis sal huur. "
"Ongelooflike ligging met 'n wye keuse van ongelooflike restaurante. Die sonsondergang is prentjie mooi. Vir aktiewe gaste is daar veilige sypaaitjies vir stap en hardloop en 'n fietsry-baan langs die strand. Ons was verras met die kwaliteit en waarde vir geld. Die restaurante: Cafe Blouberg, Catch 22 en Primi Piati word sterk aanbeveel. Blue Peter en Ons Huisie was ook goed, maar is meer vir diegene wat van baie besige plekke hou."
"Bloubergstrand was nog altyd my gunsteling vakansiebestemming. My hoogtepunt was tydens naweke wanneer die "kite surfers" die wind trotseer en die strand opvrolik met hulle kleurvolle vlieërs. Onvergeetlike ervaring."