Geverifieerde Resensie

Breede River Valley

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Breede River Valley bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1147 resensies.

Breederiviervallei

Weltevrede @ Bon Cap

"Prentjiemooi! Dit voel of mens nie al die mooi kan inneem nie. Dit is oorweldigend! Sal dit vir almal aanbeveel!"

Breederiviervallei

Rivierzicht River Resort

"Dit is nou al 'n instelling om elke jaar waterblomme by Affieplaas te koop. Die omgewing is skoon en vredig."

Rawsonville, Breederiviervallei

ATKV Goudini Spa

"Vanaf Rawsonville het ons uitgery na Paarl, Franschhoek en die hele omgewing plat getoer. Lekker sentraal geleë!"

Tulbagh, Breederiviervallei

The Tulbagh Boutique Heritage Hotel

"Tulbagh is 'n pragtige en skoon geskiedkundige dorp met mooi ou geboue, interessante galerye, uitstekende restourante en 'n lekker wynkelder om te besoek. Beslis 'n besoek werd."

Tulbagh, Breederiviervallei

Raptor Rise Farm

"Daar is beslis 'n behoefde vir meer restaurante in die Tulbagh en die omgewing."

Tulbagh, Breederiviervallei

Lemberg Wine Estate

"Oulike dorpie maar geen apteek. Wees gewaarsku as jy medisyne nodig het. Oulike wyn en olyf plase in omgewing. Vreeslik geniet."

Rawsonville, Breederiviervallei

PicardiPlace

"Rustige en pragtige plattelandse omgewing omring deur berge."

Tulbagh, Breederiviervallei

Raptor Rise Farm

"Die waterval was vir ons die hoogtepunt. Goeie museums. Bietjie gesukkel om inligting aanlyn te vind oor van die plekke."

Worcester, Breederiviervallei

Da Rooms Accommodation

"Mooi dorp, genoeg om te doen en te sien."

Worcester, Breederiviervallei

Palm la Vie

"Skoon en rustige dorp."

Breederiviervallei

Rivierzicht River Resort

"Ek sal dit aanbeveel vir mense wat lief is vir die natuur."

Prince Alfred Hamlet, Breederiviervallei

Hamlet Country Lodge

"Nie veel om te doen nie. Ons het spesifiek vriende gaan besoek. Wel pragtige deel van ons mooi land met wonderlike bergpasse en rots formasies! "

Rawsonville, Breederiviervallei

La Bri Guest House

"Daar is baie padwerke in en om Rawsonville, wat dit vir 'n mens moeilik maak om by jou bestemming uit te kom, veral as jy nie weet waar jou verblyfplek is nie. Andersins is Rawsonville 'n pragtige, landelike dorp met mooi wingerde. Voorwaar 'n plek om by af te pak."

Tulbagh, Breederiviervallei

Mont Rouge Cottages

"Beautiful town with interesting heritage and places to visit."

Tulbagh, Breederiviervallei

EpiStay

"Baie mooi dorp, kan prag foto's neem, goeie wyn, nie te veel om te doen nie, dus goeie plek om te rus. "

Rawsonville, Breederiviervallei

La Bri Guest House

"Baie wynplase om te besoek."

Tulbagh, Breederiviervallei

Witzenberg Guest Farm

"Pragtige ou historiese huise en geboue en mooi natuurskoon."

Tulbagh, Breederiviervallei

Fraaigelegen Farm

"Ongelukkig is Tulbagh besig om te verval en min nuwe ontwikkeling vind plaas. "

Worcester, Breederiviervallei

Palm la Vie

"Boland is altyd pragtig."

Rawsonville, Breederiviervallei

Rawsonville Guest House

"Ons het die plek verken, lekker wynplase besoek, 'n pub besoek en rugby gekyk. Alles was lekker sal weer daarheen gaan."

Tulbagh, Breederiviervallei

Saronsberg Vineyard Cottages

"Baie mooi dorpie met die vriendlikste mense. Genoeg verskeidenheid wynplase en alle plekke wat jy besoek gee jou 'n kaart van alles wat jy kan doen in Tulbagh. Sal graag wil sien hoe lyk die dorp met sneeu op die berge."

Worcester, Breederiviervallei

Palm la Vie

"Wonderlike dorp met heelwat om jouself mee besig te hou."

Tulbagh, Breederiviervallei

Wittedrift Manor House

"Dis altyd interessant en heerlik om in Tulbagh te kuier. Ons het die dorpie al verskeie kere besoek en wil altyd net weer terug daarheen. Hierdie jaar het die ernstige droogte 'n demper op ons entoesiasme geplaas maar ten spyte daarvan is dit nog een van die mooiste plekkies in ons land."

Blad
Blad 34 - Wys 991 tot 1020
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang