Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1910 resensies.
"Ladismith het nie baie winkels nie maar sal kry wat jy nodig het en dis baie rustig en stil!"
"Pragtige plekkie met gawe mense. Swartberg Hotel het lekker kos. The Ruud Chef ook heerlike kos, net jammer hul bedien nie ontbyt."
"So lekker gesels met almal wat ons op die dorp teëgekom het. Die Boekklub (reeks en restaurant), die slaghuis, Karoo Blessings (nougat), The Little Shoppe, die besonderse NG Kerkgebou, die staproete tussen Sutherland en Merweville, ens."
"Baie om te besigtig, jy kan halfpad opry met Swartbergpas, wat met aangryplike klowe en asemrowende uitsig beloon word (die mooiste deel van die pas) en terug keer binne 45 minute (14 km) terug wees in dorp. Netjies goed versorgde dorpie, lekker veilig stap in dorp tussen die netjiese, klassieke Karoohuisies! Ervaar Karoo-gasvryheid!"
"'n Pragtige dorp met hope interessante dinge om te sien en vriendelike mense."
"Vind dit jammer dat die inligtingskantoor gesluit is op 'n Saterdag voormiddag. Tipies kom toeriste op 'n Saterdag aan en verlang inligting."
"A little town with as much and as little to do as you want to.....also recommend the Swartberg pass."
"Sutherland is 'n mooi, skoon en netjiese dorp. Ons het die mooie ou Kerk besoek en by 'n paar winkels ingeloer, die lokale supermark is baie goed toegerus en die diens vriendelik en hulpvaardig. By die planetaruim was daar 'n heerlike warm koppie koffie. Hoop regtig Sutherland kan verder ontwikkel as 'n gewilde toeristebestemming."
"Sutherland - sy ligging, interessante geskiedenis, karoo-omgewing, geleentehede om meer van die sterrekunde te leer en natuurlik sy intense, koue winters, bied geweldig baie aan die leergierige en nuuskierige toeris. Ons was al talle kere daar."