Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1877 reviews.
"So lekker gesels met almal wat ons op die dorp teëgekom het. Die Boekklub (reeks en restaurant), die slaghuis, Karoo Blessings (nougat), The Little Shoppe, die besonderse NG Kerkgebou, die staproete tussen Sutherland en Merweville, ens."
"Baie om te besigtig, jy kan halfpad opry met Swartbergpas, wat met aangryplike klowe en asemrowende uitsig beloon word (die mooiste deel van die pas) en terug keer binne 45 minute (14 km) terug wees in dorp. Netjies goed versorgde dorpie, lekker veilig stap in dorp tussen die netjiese, klassieke Karoohuisies! Ervaar Karoo-gasvryheid!"
"'n Pragtige dorp met hope interessante dinge om te sien en vriendelike mense."
"Vind dit jammer dat die inligtingskantoor gesluit is op 'n Saterdag voormiddag. Tipies kom toeriste op 'n Saterdag aan en verlang inligting."
"A little town with as much and as little to do as you want to.....also recommend the Swartberg pass."
"Sutherland is 'n mooi, skoon en netjiese dorp. Ons het die mooie ou Kerk besoek en by 'n paar winkels ingeloer, die lokale supermark is baie goed toegerus en die diens vriendelik en hulpvaardig. By die planetaruim was daar 'n heerlike warm koppie koffie. Hoop regtig Sutherland kan verder ontwikkel as 'n gewilde toeristebestemming."
"Sutherland - sy ligging, interessante geskiedenis, karoo-omgewing, geleentehede om meer van die sterrekunde te leer en natuurlik sy intense, koue winters, bied geweldig baie aan die leergierige en nuuskierige toeris. Ons was al talle kere daar."
"Prince Albert is a delightful town full of warm-hearted, friendly locals who have time for a chat. I loved the big art gallery and public library. I went to their Saturday market and enjoyed meeting the stall owners and supporting them. I attended a writing course with Daniel Dercksen, which I enjoyed tremendously. The dairy in town was a fascinating find. One night I had dinner at the Karoo Cafe and what an experience it was. Excellent food. I hear some present cookery courses and art courses too. The Lazy Lizard is a jewel in this Karoo town! The range of products she stocks and the bakery goods (breads, pastries and cakes) are absolutely delicious! I brought a carrot cake home with me. Her cheesecake is superb too! I can understand why so many people settle in Prince Albert. It is a perfect town. Close to George, Oudshoorn and Cape Town. A peaceful, safe place to put down roots."
"Dorp is 'n moet. Kan soveel meer doen en toeriste lok as mense saam staan. Museum was toe, uitstallings by teleskoop buite dorp buite werking en gelyk of laerskoolkinders dit gedoen het."
"'n Baie interresante dorp met baie te doen vir die toeriste. 'n Besoek aan die plaaslike wynkelder, Fernskloof, is hoogs aan te beveel. Die verskeie eetplekkies is ook iets om te verken."
"Die besoek aan Sterland met Jurg Wagener was werklik 'n fantasie ervaring en kan dit aanbeveel."