Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1898 resensies.
"It's a beautiful place. Time your visit outside of full moon to get the stars at night."
"Dit is 'n pragtige Karroo dorpie met 'n lang geskiedenis. Ons tweede besoek in soveel maande."
"Prince Albert het die vriendelikste mense, gaaf, behulpsaam en gesellig. Ons het vir Johnny ontmoet en dis lekker om te weet dat hy en ander dorpenaars soos hy die tuine so mooi in stand hou. Die slaghuis op die dorp het die beste diens en vleis in die Karoo. Ek het dit so waardeer om die eienaar en sy seun te ontmoet en ons vleisies is in sulke mooi verpakking aan my oorhandig dat my man gedink het iemand het vir ons 'n geskenk gegee. Prince Albert is 'n hondevriendelike dorp."
"Gelukkig wil die meeste mense net jaag om by hulle bestemmings te kom, so dan is daar nog 'n paar sulke juwele in ons land vir ons ander mense oor. So bly daar is nog sulke plekke waar jy net kan rustig raak en weer jouself kry."
"Dis ons eerste keer dat ons Prince Albert besoek en ons was aangenaam verras met die plek. Een dag is te kort om deur alles wat die dorp aanbied te kyk - twee volle dae sal dalk ideaal wees."
"Wat 'n pragtige mooi en skoon dorpie. Met interessante geskiedenis en oulike winkels en 'n paar lekker eet- en koffiewinkels. Sit Prins Albert op jou moet besoeklys."
"Maak seker jy bespreek vooraf by enige van die restaurante indien jy nie self gaan kosmaak nie. Ons moes 2 minute noodles koop by die Pakistanis en dit vir aandete geniet. Daar is nie 'n groot Spar of Pick n Pay nie, net 'n OK foods."
"In my opinion, the primary reason for going to Sutherland would be to visit SALT. Exceptional star gazing is provided there. The day and night tours are different and both great value seeing some cool things. The restaurants make fantastic food, but booking in advance is highly recommended."
"Baie aangenaam. Lekker dorpie met oulike winkels en lekker restaurante en koffie winkels. Die naby geleë Swartberg pas is een van die mooiste plekke in SA."
"Sterrekyk was 'n fantastiese ervaring. Definitief die moeite werd om die planetarium se geriewe te gebruik. (Baie dankie Willem en die meisies). Die begeleide toer deur die NG Kerk was baie insiggewend en het baie lig op die land se geskiedenis gewerp. Baie dankie, Darius. 'n Lekker stappie deur die dorp se strate is ook aan te bevele. Wat mens nogal opval is hoe netjies en skoon die dorp is."
"Accommodation was perfect. Besides the S.A.L.T there is really nothing else for teenagers to do. It is really a place to just to nothing and unwind. The rugged mountains and surrounding landscapes is a thing of pure beauty."
"The municipal services needs to be improve in general, especially with the upgrading of the roads and potholes."
"Ons het vanaf Merweville na Sutherland met die R356 (grondpad en vele hekke) gery. Dis aan te beveel. Ons het met 'n Ford Ecosport gery, sou nie met 'n gewone, plat motor dit doen nie."