Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1912 resensies.
"Beslis 'n dorpie wat aan ons onbekend was. Ons was aangenaam verras en sal beslis weer die dorpie besoek."
"Prince Albert is a splendid artful village. One of the highlights is a visit to Weltevrede Fig Farm."
"Prins Albert is 'n baie aangename plek. Die strate is skoon en die plek is in 'n goeie toestand."
"'n Ongelooflike skoon en netjiese dorpie, baie vriendelike inwoners, pragtige geboue en lekker eetplekkies! 'n Besonderse mooi hotel! 'n Skoon en netjiese slaghuis! 'n Fees van 'n plek!"
"A quaint and authentic town accessed through a mind-blowingly beautiful journey over the Swartberg Pass - definitely worth a visit!"
"Die rustigheid en stilte is 'n lafenis. Ons was veral beïndruk met die spitsverkeer van 1 voertuig elke half uur. 'n Plek wat ons ervaring van die Karoo verryk het."
"Nie op 'n hoofroete nie, ek was self baie beïndruk met die dorpie en sal dit regtig aanbeveel vir iets soos 'n naweek-wegbreek. Deur net oor te slaap gaan mens die dorp eintlik mis."
"Wonderlike argitektuur en elke huis lyk of dit pas geverf is. Leen hom tot wandelinge straat-op en straat-af. Kuns- en teaterliefhebbers sal die dorp baie geniet."
"Behalwe vir sterrekyk en 'n paar besienswaardighede is hier nie veel om te doen nie. Plekke soos die historiese begrafplaas behoort beslis opgeknap te word. Die dorp het heelwat potensiaal vir alternatiewe moontlikhede."
"Great Karoo experience with friendly people, great food and a must to attend the star-gazing with Jurg."
"Ons het die gasvryheid van Merweville eerstehands ervaar. Van Thea wat spesiaal die petrolpomp moes kom oopsluit sodat ons na 2 kan petrol kry, tot rugby kyk by Colin en 'n hewige kuier daarna! En dan in die pikdonker, tjoepstil dorpie terugstap huistoe en die duisende sterre beleef. Ons kon ongelukkig nie enige van die winkeltjies besoek nie, aangesien als 2 uur toemaak en ons eers daarna daar aangekom het. Dit was 'n wonderlike besoek wat ons nog lank sal bybly."