Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1882 resensies.
"Hou van Wimpy en garage by Wimpy. Nie baie beïndruk met ander garage en takeaways."
"Baie rustige dorp met baie vriendelike mense. Perfek om jouself bietjie te "recharge.""
"Such an interesting, safe place and we loved our walk about town. We had dinner at The Rude Chef which is highly recommended. We hoped to leave via the Swartberg Pass, but that was closed because of heavy snow. Our drive via Klaarstroom and Meiringspoort was nevertheless spectacular with plenty of snow covered mountains!"
"Ons het oor die manjifieke Swartbergpas gery. Dit was so spesiaal. Nie baie ander verkeer. Dit was 'n sonnige dag, so die pad was rybaar."
"Die ervaring by Jurg (sterrekyk) kan aanbeveel word. Net jammer a.g.v. van die Lockdown Level 4 kon ons nie die hele Sutherland-ervaring beleef nie (restaurante en kroeg)."
"Ongelukkig was Vloedmuseum gesluit, maar kon met ervare inwoners gesels oor geskiedenis. Ongelooflike ervaring."
"Die stilte en natuurlike mooiheid is gepas vir 'n wegbreek. Die aandsterre is die mooiste wat ek dit nog ooit gesien het. Sal graag weer gaan kuier, maar wil die star gazing doen. Dit was ongelukkig toe a.g.v die Covid."
"Lieflike Karoodorpie as mens wil wegbreek van die gewoel van jou daaglikse lewe."
"Interesting little town. We were lucky and timed our visit perfectly for the snow. Sadly were not able to visit SALT due to Covid restrictions. Do book at restaurants beforehand if possible as they keep unusual hours."
"Sutherland is 'n klein en stil dorpie. Ongelukkig a.g.v. die inperkings kon ons nie SALT besoek nie. Ons het wel die planetarium besoek en het dit geniet. Ongelukkig het ons sterrekyk uitgereën. Verder was daar nie baie vir ons om te doen in Sutherland nie. Daar is wel wildsplase in die omgewing wat mens kan besoek as dit jou koppie tee is. Ons het die stilte en rustigheid geniet en die mense is baie vriendelik."
"Prins Albert sien ons weer - die kos, die karakter en die fietsry was uit die boonste rakke!"
"Was in Prins Albert vir Open Studios. Pragtige Karoo-dorpie met vriendelike en gasvrye mense. Heerlike aandete by The Rude Chef."
"Wonderlike plek om bietjie weg te breek en nader aan die natuur te kom. Rustige, dog besige dorpie, maar 'n wonderlike plek om te gaan kuier. Ons sal beslis weer gaan."
"Prins Albert is sielskos! Lieflike Karoo-dorpie, wat jou laat asemhaal en net weer ontspan en uitrus. Wonderlike bestemming vir ieder en elk."