Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1913 reviews.
"Dit is 'n pragtige dorpie. Jou kar kan vanaand in die straat geparkeer bly. Mense is baie vriendelik en elke huisie is so mooi met 'n mooi ou tuintjie."
"Die omgewing en mense het dit nodig dat ons hulle besoek. Laingsburg is in 'n pragtige omgewing geleë en bied baie meer aan as wat mense besef."
"Pragtige dorpie met lieflike verskeidenheid van winkeltjies - die hotel met Gin bar was 'n verrassing en die "platters" was voortreflik!"
"It is a town that is stuck in a time warp, nothing has changed, except the star gazers that are attracted to view the stars and experince the snow and coldness you can find in Sutherland."
"Lekker plaaskuier op Merweville, dis nou 'n plek waar jy heerlik kan ontspan, goeie kwaliteit tyd spandeer saam jou hartsmense."
"Sutherland is altyd 'n plesier selfs in -9°C is dit 'n wonderlike bestemming. Kies net jou akkommodasie versigtig."
"Daar is klomp lekker restaurante om by te gaan eet of om net koffie te drink. Daar is klomp plekke wat sterrekyk aanbied so jy het 'n groot keuse van wie jy wil gebruik maak. Daar is mooi grondpaaie om te ry net om die natuurskoon te bewonder. Die sneeu het dit bemoeilik om ver te ry op die grondpaaie weens die modder. Sutherland is pragtig."
"Hou van Wimpy en garage by Wimpy. Nie baie beïndruk met ander garage en takeaways."
"Baie rustige dorp met baie vriendelike mense. Perfek om jouself bietjie te "recharge.""
"Such an interesting, safe place and we loved our walk about town. We had dinner at The Rude Chef which is highly recommended. We hoped to leave via the Swartberg Pass, but that was closed because of heavy snow. Our drive via Klaarstroom and Meiringspoort was nevertheless spectacular with plenty of snow covered mountains!"
"Ons het oor die manjifieke Swartbergpas gery. Dit was so spesiaal. Nie baie ander verkeer. Dit was 'n sonnige dag, so die pad was rybaar."
"Die ervaring by Jurg (sterrekyk) kan aanbeveel word. Net jammer a.g.v. van die Lockdown Level 4 kon ons nie die hele Sutherland-ervaring beleef nie (restaurante en kroeg)."
"Ongelukkig was Vloedmuseum gesluit, maar kon met ervare inwoners gesels oor geskiedenis. Ongelooflike ervaring."