Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1877 reviews.
"Almal gaan na Sutherland om sterre te gaan kyk. Dit is iets besonders om te sien. Nie te ver van Matjiesfontein om vir die dag deur te ry en daar te gaan kuier. Moet bereid wees om bietjie grond pad te ry afhangende van waarvandaan jy in die dorpie in kom. Dorpie is ook ook ryk aan geskiedenis wat nie misgeloop kan word nie."
"Daar is nog baie oor om te doen wanneer ons weer teruggaan. Vier dae was nie genoeg nie."
Prince Albert Road, Cape Karoo
Wolvekraal Guest Farm"Dit is 'n pragtige, vriendelike dorp en daar is baie uiteenlopende aktiwiteite om van te kies. 'n Weggesteekte juweel van die Karoo."
"Die veiligheid en rustigheid verdien genoem te word behalwe natuurlik die skoon en netjiese omgewing."
Prince Albert Road, Cape Karoo
Wolvekraal Guest Farm"Die dorp het so baie om te doen! Ek het my hare laat sny, park run gedoen, Saterdag 'n markie bygewoon, plaaslike fliek bygewoon en liplekker pannekoek geëet! Almal is so vriendelik in die dorp! Prins Albert het vinnig in my hart gekruip."
"Dit was ons eerste besoek aan daardie omgewing en dus was elke oomblik iets nuut en `n groot ervaring!"
"Pragtige dorp. Ons het al verskeie kere hier besoek afgelê omdat dit so 'n mooi en goedversorgde en netjiese dorp is. Ons vertrou dat die dorpsbestuur daarin sal slaag om die plek so mooi en netjies te hou. "
"Mooi omgewing en interessante dorpie, maar daar is nie baie toeristebestemmings op die dorp self nie."
"Vriendelike mense. Die Blue Moon is beslis 'n plek om by te eet, enige tyd. Te lekker."
"Prins Albert is beslis 'n besoek werd. Heerlike eetplekkies. Die museum moet beslis ook besoek word. "
"Heerlike bestemming met baie doendinge! Jy moet meer as 2 dae hier spandeer om alles te sien en ervaar. Dit was baie lekker!"
"Lot of friendly residents. Peaceful surroundings and plenty of different destinations for day drives. Interesting shopping opportunities. Eating out is made easy with plenty choices. "
"Was baie verbaas, het gedink dis n klein plekkie.Ek hou van skoon dorpe - doen so voort."