Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Route 62
Rated 4.5 out of 5 based on 2351 reviews.
"Sien uit daarna wanneer die paaie klaar is om weer te gaan."
"Dit is 'n pragtige dorpie met die mooiste ou geboue. Die natuurskoon van die omgewing en die ligging van die dorp maak dit ook lekker om met 'n kamera rond te stap. Daar is altyd iets moois om af te neem."
"Dit is 'n pragtige rustige plek. Ons kon selfs 8uur in die aand gaan stap! Die mense is vriendelik en die dorp is so skoon! Baie dankie vir 'n onvergeetlike tyd. Ons sal beslis weer daar gaan "kuier"."
"Met die foto's wat ek geneem het en aan my vriende gestuur het, het ek net waardering ontvang van die dorpie se tydlose boustyl!"
"Robertson was baie lekker en die mense is vriendelik. Ek het die lente skou vreeslik geniet. "
"Did not really tour around, but liked the outdoor restuarants on the main road. "
"Ongekunsteld en rustig. Mens ry so maklik net deur, maar die dorpie het net soveel om te bied soos van die ander dorpe op Roete62."
"Afgesien Robertson heelwat bied, is dit so geleë dat al die omliggende dorpe ook sonder baie ekstra ry besoek kan word."
"Ons het die Vetplantfees op Calitzdorp bygewoon en 'n veld wandel met Kevin Koen en sy heerlike manier van kennis oordrag was 'n hoogtepunt!"
"Just the right place to use as a basis when you want to explore the beauty of the Karoo or it's an amazing place for a tranquil break."
"A quirky place with wonderful surrounds, but it needs better places to dine - or at least advertise such places more widely."
"Pragtige dorpie met vele bedrywighede in die onmiddellike omgewing. Meiringspoort is asemrowend mooi en die publieke badkamers is pynlik skoon en netjies. 1ste klas toeriste-aantreklikheid."
"Dit was so lekker op die plaas by the Cottages ons het op die ou end min ander besienswaardighede besoek."
"Prins Albert het kompetisie hier! Perfek geleë om Meiringspoort, Oude Muragie en Seweweekspoort pas te besoek. Lekkerste omelette van ons lewe geëet by the Village Trading post."
"Daar is verbasend baie om te doen in die area. Montagu skep 'n warm klein dorpie gevoel met baie outydse geboue en vriendelike mense."
"Mooi omgewing met die berge en bergpasse. Hou van die wingerde in die valeie. Goed om dagreise te doen. "
"Ons hou van die rustigheid. Sal daar wil aftree. Hoop die padwerke is klaar wanneer ons weer kom."
"Ladismith is naby genoeg vanaf Vyver's Rus, het heerlike middagete gehad by Hillock Wines."