Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2352 resensies.
"Pragtige omgewing binne bereik van allerlei toeriste aantreklikhede."
"Ons geniet die dorp vreeslik baie, Vyver's Rus is die kersie op die koek!"
"Pragtige omgewing tussen berge. Die trekkerrit en potjiekos op Proteaplaas is 'n heerlike uitstappie, en met natuurlike warmbronne en grotte is daar definitief heelwat lekker dinge om te doen!"
"Daar is so baie om te ontdek met vriendelike mense wat 'n mens ontvang en bedien."
"Lovely place. We took the kids to the nursery to play food, wasn't so great but they enjoyed the play area."
Prince Alfred Hamlet, Kaapse Roete 62
Rhodene Farm Cottages"Die landelikheid en ongewone aantreklikheid van die Skurweberge is 'n welkome kombinasie saam met die vrugteboorde om 'n omgewing te skep wat nie sommer geëwenaar kan word nie. "
"Montagu is in die middel van die Kaapse Plooi gordel met die mooiste bergtonnels denkbaar. Die argitektuur is oud en pragtig bewaar met etlike historiese monumente. Die omgewing se vrugte en wynplase is pragtige en daar is wonderlike bergklim staproetes om te geniet."
"Montagu is uit en uit een van die beste plekke vir besoekers. Outydse geboue, museums, klein markie, en so meer."
"Dis die ideale plek om te gaan ontspan - lees, eet, stap, drink wyn, gaan ry op die boot by Viljoensdrift, lees, eet, stap en drink nog wyn. Daar is wonderlike restaurante en kunsgalerye in McGregor."
"Karaktervolle dorpie met interessante besoekpunte. Vriendelike diens, goeie restaurante. "
"Meer behoort gedoen te word om toeriste in te lig van alles wat te sien en doen is in die omgewing."
"Sien uit daarna wanneer die paaie klaar is om weer te gaan."