Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3049 reviews.
"Baie mooi Oos-Vrystaatse dorpie met beautiful natuur rondom. Verder ook heerlike restaurante en interresante winkels."
"Wat opvallend was, baie skoon, geen papiere en vullis wat rondlê nie. Almal is vriendelik, Geen bedelaars in die strate nie. Baie veilig en 'n lekker atmosfeer."
"Mooi, maar onnodig duur. Daar is wel 'n paar oulike winkeltjies en 'n goeie bakkery."
"Pragtige kunstenaarsdorpie met die oulikste winkeltjies en restaurante. Sou graag langer daar wou oorbly."
"Ek is mal oor Clarens as bestemming, dis naby aan Johannesburg wat dit perfek maak vir 'n naweekwegbreek. Golden Gate is om die draai waar ek en my man altyd gaan bergklim of die wandelpadjies gaan besoek met die motorfiets. Clarens self is fantasties met al die restaurante, uitstekende kos, oulike winkels en vriendelike mense. Clarens het verseker 'n spesiale plekkie in my hart en ek sal elke jaar teruggaan! "
"Clarens is a stunning town, love the hiking trails in Golden Gate. Perfect setting for a nice weekend away."
"Clarens is soos 'n weggesteekte juweel. Die berge betower jou, en is die ideale wegkruipplek vir 'n naweek. Pragtige eetplekkies, lekerste snuffelwinkeltjies. "
"Clarens is een van daai moet besoek plekke op jou wenslys! Pragtige natuurskoon met 'n lekker gees in die dorp se sentrale area."
"Bly 'n plek om na terug te gaan. Die stadige pas van lewe en mooi omgewing maak dit lekker. Was ons 6de besoek in 4 jaar hier en nie die laaste nie. "
"Klein Switserland. Wat my verbaas het is die fasiliteite wat in Clarens voorkom. As jy wil kop skoon maak, kom hierheen. Die restaurante en skoonheid van die omgewing is wonderlik."