Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3007 resensies.
"Baie mooi Oos-Vrystaatse dorpie met beautiful natuur rondom. Verder ook heerlike restaurante en interresante winkels."
"Wat opvallend was, baie skoon, geen papiere en vullis wat rondlê nie. Almal is vriendelik, Geen bedelaars in die strate nie. Baie veilig en 'n lekker atmosfeer."
"Mooi, maar onnodig duur. Daar is wel 'n paar oulike winkeltjies en 'n goeie bakkery."
"Pragtige kunstenaarsdorpie met die oulikste winkeltjies en restaurante. Sou graag langer daar wou oorbly."
"Clarens is a stunning town, love the hiking trails in Golden Gate. Perfect setting for a nice weekend away."
"Clarens is soos 'n weggesteekte juweel. Die berge betower jou, en is die ideale wegkruipplek vir 'n naweek. Pragtige eetplekkies, lekerste snuffelwinkeltjies. "
"Clarens is een van daai moet besoek plekke op jou wenslys! Pragtige natuurskoon met 'n lekker gees in die dorp se sentrale area."
"Bly 'n plek om na terug te gaan. Die stadige pas van lewe en mooi omgewing maak dit lekker. Was ons 6de besoek in 4 jaar hier en nie die laaste nie. "
"Klein Switserland. Wat my verbaas het is die fasiliteite wat in Clarens voorkom. As jy wil kop skoon maak, kom hierheen. Die restaurante en skoonheid van die omgewing is wonderlik."
"Clarens is the best destination for a tourist. A lot of shops of art and wine, a lot of restaurants, a fuel station and a supermarket. All you need is there."
"Oulike plek. Baie mooi natuurskoon. Nie die ideale plek om met klein kindertjies te gaan nie. "
"Ons sal beslis weer Clarens besoek! Soveel stap oetes, Golden Gate en die winkels bied 'n groot verskeidenheid aantreklikhede. Wonderlike eetplekkies! "