Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3007 reviews.
"Clarens is die ideale plek om batterye te herlaai. Een word met natuur om jou asook die luuksheid van die snuffelwinkeltjies en natuurlik die allerlieflikste gallerye."
"Clarens is 'n pragtige dorpie met interessante winkeltjies en pragtige omgewing. Bier brouery produk probeer is 'n moet. "
"Clarens is 'n toeriste dorp. Ons het dit geniet om deur die dorp te loop en na al die winkeltjies te kyk, maar ek sal nie sommer iets daar koop nie want dis bietjie duur. Dis 'n pragtige dorpie en ek sal die dorpie graag weer wil besoek."
"Ek het Clarens baie geniet , al die berge en skoon lug en mooi natuur. Die rustigheid was vir my so genotvol. Die mooi winkeltjies en restaurante was ook iets om te geniet."
"Die mense is baie vriendelik en dis baie lekker om orals heen te loop en al die mooi goed te sien."
"Oulike staproetes in 'n baie besondere stuk natuurskoon. As jy nie 'n kunsliefhebber is nie, is daar nie veel aan die dorpie nie."
"Ons het Clarens baie geniet, al was dit 'n druk tydperk met baie toeriste. Ons aanbeveling is dat daar meer parkering beplan word om groot groepe mense in besige tye te akkommodeer. Ons was 3 jaar terug in Clarens en was verbaas dat die spyskaarte van restaurante so afgeneem het in die hoeveelheid opsies."
"LOVE die plekkie! 10/10 vir Clarens. Eerste keer daar, maar sal weer teruggaan en ander deel van Clarens beleef. Dankie LekkeSlaap!"